# Die Zimbabwiese polisie sê die dodetal ná verlede week se bootongeluk op die Karibameer het tot 80 gestyg nadat nog agt liggame gevind is. Die staatsbeheerde passasier-veerboot het omgeslaan in sterk wind. Die boot is goedgekeur vir 90 passasiers, maar was volgens berigte erg oorlaai, met tussen 120 tot 153 mense aan boord, insluitend […]
# Die Brigitte Mabandla-kollege vir Justisie in Pretoria, waar die Madlanga-kommissie se verrigtinge plaasvind, is veilig verklaar nadat ‘n brandalarm vanoggend ‘n voorsorg-ontruiming veroorsaak het. Tshwane se nooddienste het die gebou ondersoek en bevestig geen brand het uitgebreek nie en niemand is beseer nie. Die kommissie het intussen hervat, met die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala […]
# Die bevelvoerder van Iran se Weermag, Amir Hatami, bied ‘n kontantbeloning van ongeveer 484-duisend-rand aan vir enigiemand wat ‘n Amerikaanse soldaat gevange neem of doodmaak en aan die owerhede oorhandig. Sewentien Amerikaanse militêre personeellede is dood sedert die begin van die oorlog, maar almal het buite Iran gesterf, in lande soos Jordanië en Irak. […]
# Suid-Afrikaanse huishoudings ondervind ‘n verergerende bekostigbaarheids-krisis, ondanks ‘n tydperk van gedempte amptelike voedselinflasie. ‘n Peiling deur die Pietermaritzburgse Ekonomiese Geregtigheids- en Waardigheids-organisasie toon dat die koste van ‘n noodsaaklike voedselmandjie mense se inkomste aansienlik oorskry, wat talle gesinne laat sukkel om basiese voeding te verseker. Woordvoerder Mervyn Abrahams sê daar is ‘n erge gaping […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die polisie van Limpopo het oorgrens-misdaadoperasies naby die Zimbabwiese grens verskerp. Operasies wat tussen Donderdag en gister uitgevoer is, het daartoe gelei dat sewe vermoedelik gesteelde voertuie teruggevind en beslag gelê is op onwettige sigarette van meer as 800-duisend-rand. Polisiewoordvoerder Malesela Ledwaba sê die optredes het gefokus op die […]
# Die Amerikaanse gesant en president Donald Trump se skoonseun, Jared Kushner, gaan vandag die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, ontmoet. Dit volg op buitengewone gesprekke met Hamas-leiers oor die instel van die 15-punt-vredesplan vir Gaza wat deur Amerika gesteun word. Netanyahu het die plan verwerp, wat ‘n reeks opeenvolgende stappe behels, insluitend die ontwapening […]
# Kaapstad is opnuut bekommerd oor sy watervoorraad namate vrese oor ‘n herhaling van 2018 se Dag Zero-krisis toeneem. Stad Kaapstad sê in sy jongste Watervooruitsigverslag die waarskuwing is ‘n vroeë oproep vir inwoners om water verantwoordelik te gebruik, terwyl die metro dalende reënval, damvlakke en watervraag noukeurig dophou. Amptenare beklemtoon die stad beleef nie […]