# Die president van die Afrika Mayibuye-beweging, Floyd Shivambu, sê die party sal munisipaliteite se tenderstelsel skrap omdat dit grootliks verantwoordelik is vir korrupsie en swak dienslewering. Hy het party se plaaslike regeringsverkiesings-veldtog bekend gestel in Midrand, Gauteng. Shivambu sê politieke leiers gebruik dikwels tenders om hulself te verryk. Hy voer aan munisipaliteite moet die nodige interne kundigheid en vermoë ontwikkel om dienste self te lewer en nie uit te kontrakteer nie om korrupsie hok te slaan. Shivambu het die publiek aangemoedig om tenderbedrieërs en korrupte amptenare uit te wys.
Afrika Mayibuye beloof om munisipale tenderstelsel te skrap