# Die TV-persoonlikheid en prokureur wat van die rol geskrap is, Peet Viljoen, is borgtog geweier in ‘n bedrogsaak van miljoene rand. Hy het vanoggend in die Pretoriase Handelsmisdaadhof verskyn, waar besluit is hy word as ‘n vlugrisiko beskou. Viljoen staan tereg op meer as 400 aanklagte, insluitend bedrog en korrupsie wat verband hou met […]
# Die African Farmers’ Association of South Africa is bekommerd oor die regering se ondersteuning vir swart boere wat deur die grondhervormingsproses bevoordeel is. Die voorsitter van Afasa se grondhervormingskomitee, Piet Mothepu, sê sekere boere het nog nie titelaktes ontvang nie, wat hulle verhinder om hul grond as sekerheid vir banklenings te gebruik. Van die […]
# Rugby: Die Bulle will blybaar hulle haker-moontlikhede versterk deur die Springbok-veteraan Malcolm Marx uit Japan terug te lok. Die Pretoriase span praat met Kubota Spears, by wie hy in 2021 aangesluit het en glo gretig is om sy dienste te behou. Rapport berig die 32-jarige Marx oorweeg dit sterk om huis toe te kom, […]
# Die polisie in Sophiatown in Gauteng ondersoek vier aanklagte van moord en een van poging tot moord ná Saterdagaand se skietery in Newclare. Polisiewoordvoerder Tintswalo Sibeko sê drie slagoffers is op die toneel dood en twee het skietwonde opgedoen. Sy sê een van die slagoffers is vanoggend in die hospitaal dood:
# Die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala weier om vrae te beantwoord voor die Madlanga-kommissie wat hom moontlik kan benadeel. Dit handel veral oor die Medicare24-kontrak, wat die onderwerp is van hangende strafregtelike aanklagte. Die Polisiediens het sy onderneming gekontrakteer om gesondheids- en risikoverwante dienste te lewer, maar die tender is intussen beëindig. Matlala sê die […]
# Suid-Afrika worstel teen regshindernisse in sy poging om ongeveer 299-miljoen-rand te verhaal wat bestee is aan die repatriasie van buitelandse burgers na Malawi, Nigerië en Ethiopië. Die Departement van Binnelandse Sake sê hy het die regerings gevra om die terugbetalings te doen. ‘n Kenner van Internasionale betrekkinge, Kingsley Makhubela, sê egter Suid-Afrika kan sukkel […]
# Die Zimbabwiese polisie sê die dodetal ná verlede week se bootongeluk op die Karibameer het tot 80 gestyg nadat nog agt liggame gevind is. Die staatsbeheerde passasier-veerboot het omgeslaan in sterk wind. Die boot is goedgekeur vir 90 passasiers, maar was volgens berigte erg oorlaai, met tussen 120 tot 153 mense aan boord, insluitend […]