# ‘n Multidissiplinêre klopjag om honderde ongedokumenteerde buitelandse burgers in KwaSithebe, noord van KwaZulu-Natal vas te trek, het niks opgelewer nie. Amptenare van die provinsiale regering, die polisie en ander staatsinstellings het vanoggend ‘n klopjag op fabrieke in Mandeni uitgevoer ná inligting dat honderde ongedokumenteerde buitelandse burgers onwettig daar in diens is. Geen ongedokumenteerde werkers […]
# Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu het beveel ongemagtigde setlaarposte in die Wesoewer moet gesloop word. Dit kom te midde van druk deur die VSA op Israel om sterk op te tree teen setlaarsaanvalle op Palestyne. Die bevel is van toepassing op buiteposte wat sonder amptelike magtiging van die Israelse staat deur setlaars opgerig […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging verdedig sy besluit om die voormalige transito-rooftog-oortreder Themba “SkeemGP” Nzimande as sy burgemeesterskandidaat vir die Stad Ekurhuleni aan te wys. Die aankondiging het hewige openbare kritiek ontlok. Die nasionale woordvoerder, Sidney Baloyi, sê die besluit is gegrond op die beginsels van herstellende geregtigheid en die oortuiging dat mense kan verander. Hy […]
# Suid-Afrika se 21ste jaarlikse Nasionale Parke-week vind van vandag af tot 13 September plaas. Suid-Afrikaners kry gedurende dié week gratis dagtoegang tot deelnemende nasionale parke. Die aanbod sluit onder meer die Krugerwildtuin in Limpopo en Mpumalanga, die Weskus Nasionale Park in die Wes-Kaap en die Augrabies-waterval Nasionale Park in die Noord-Kaap in. Die minister […]
# Die Stad Kaapstad verskerp pogings om fetale alkoholspektrumversteuring te voorkom deur jongmense op te voed oor die gevare van alkohol- en dwelmmisbruik tydens swangerskap. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Raadslid Francine Higham, sê die stad se “Driving my Future”-program het die afgelope jaar meer as drie-duisend-500 leerders bereik en gehelp om hul begrip […]
# Die Departement van Korrektiewe Dienste soek na ‘n gevangene wat uit die Rooigrond Maksimum Korrektiewe Sentrum naby Mahikeng in Noordwes ontsnap het. Edward Khomotso Madiba het glo gister deur ‘n seldeur gesny om te ontsnap. Singabakho Nxumalo van die Departement sê agt amptenare kan moontlik geskors word terwyl die ondersoek na die ontsnapping voortduur. […]
# Iran sal in die komende dae ‘n nuwe beperkte sone in die Golf aankondig te midde van toenemende spanning met die VSA oor skeepvaart deur die Straat van Hormoes. Die veiligheidshoof Mohsen Rezaei sê skepe wat die nuwe sone binnegaan, sal gestraf word. Iran beplan ook om kaarte te publiseer vir ‘n nuwe internasionale […]
# Rugby: Die speler van die wedstryd in die derde toets tussen Suid-Afrika en die All Blacks, die Springbok-senter Ethan Hooker, verwag neutrale steun in die naweek se vierde en laaste wedstryd in Baltimore, Amerika. Hy sê die Bokke gaan alles uithaal om die reeks te beklink nadat hulle in Johannesburg ‘n voorsprong van 2-1 […]