# Rugby: Die speler van die wedstryd in die derde toets tussen Suid-Afrika en die All Blacks, die Springbok-senter Ethan Hooker, verwag neutrale steun in die naweek se vierde en laaste wedstryd in Baltimore, Amerika. Hy sê die Bokke gaan alles uithaal om die reeks te beklink nadat hulle in Johannesburg ‘n voorsprong van 2-1 opgebou het. Hooker sê die reeks is sielkundig en fisies taai, maar hulle is geëerd om vier keer in ‘n ry teen ‘n span met sulke aansien te speel. Afrigter Rassie Erasmus gaan sy span vanaand aankondig.
Rugby: Hooker sê dis ‘n voorreg om vier keer agtereenvolgens teen All Blacks te speel