# Iran het aangekondig twee Franse ambassade-werknemers wat verlede maand in ‘n diplomatieke geskil betrokke was, sal nie toegelaat word om na die land terug te keer nie. Die woordvoerder van die Ministerie van Buitelandse Sake, Esmaeil Baghaei, sê die twee het die Weense Konvensie, wat die reëls en voorregte van diplomatieke missies definieer, oortree […]
# Die Stad Johannesburg sê die Johannesburg Internasionale Vervoerwisselaar sal na verwagting voor die einde van 2026 in werking tree. Die woordvoerder van die stad, Virgil James, sê die tender vir ‘n bestuursdiensverskaffer is afgehandel, en ‘n 60-dae openbare deelnameproses word kragtens die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur vereis. Hy sê die fasiliteit sal 169 […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersoek die finteg-maatskappy Kastelo, wat gestig is deur die voorsitter van die DA se federale Finansies-komitee, Mark Burke, oor beweerde oortredings van valutabeheer. Dit behels oordragte van sowat vier-miljard-rand na die buiteland. ‘n Beëdigde verklaring beweer dat Kastelo moontlik kliënte se buitelandse valuta-toelaes vir eie voordeel gebruik en sy bedrywighede verkeerd […]
# Die SPAR-groep het aangekondig sy onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter, Mike Bosman, en ondervoorsitter Shirley Zinn het met onmiddellike ingang uit die raad bedank. Bosman was sedert Desember 2022 die voorsitter en Zinn het in 2023 aangesluit. ‘n Onafhanklike nie-uitvoerende direkteur en voorsitter van die Risikokomitee, Lwazi Koyana, is aangestel as tussentydse voorsitter. SPAR sê sy […]
# President Cyril Ramaphosa sê die versterking van landbou-waardekettings en die bou van klimaat-veerkragtige voedselstelsels moet voorkeur geniet om voedselsekerheid te verbeter en volhoubare ekonomiese groei te ondersteun. Hy het tydens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskaps-beraad in Durban gevra vir verhoogde landbouproduksie, sterker streeks-voedselreserwes en groter ondersteuning vir klein- en opkomende boere. Ramaphosa het lande ook aangemoedig […]
# Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het vier besendings Enalapril tien milligram herroep, wat gebruik word om hoë bloeddruk te behandel. Dit volg nadat gehalteprobleme tydens inspeksies geïdentifiseer is. SAHPRA se woordvoerder, Rodgers Baloyi, sê apteke en verskaffers is opdrag gegee om die verkoop en verspreiding van die betrokke medisyne onmiddellik te staak en dit […]
# Die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het bevestig hy ken die voormalige polisie-generaal Kgomotso Phahlane, maar het hom nooit gunste gevra of enige vergoeding aangebied nie. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig hy het hom ontmoet toe hy nie meer in die polisie was nie. Matlala sê ook hy het die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, […]