# Die Verkiesingshof het ʼn dringende aansoek van die nuwe United Democratic Front verwerp om ekstra tyd te kry om wykskandidate vir die munisipale verkiesing te benoem nadat hy die 28 Augustus-sperdatum misgeloop het. Die UDF sê nadat hy geregistreer het, het hy slegs vier dae tyd gehad om kandidate te identifiseer en aan te […]
# Die ANC het die Verkiesingshof genader om te appelleer teen die Verkiesingskommissie se besluit om nie indiening van kandidaatlyste ná die sperdatum toe te laat nie. Die party beweer “tegniese probleme” het veroorsaak dat hy die 28 Augustus-sperdatum om kandidate in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Vrystaat te registreer, misgeloop het. Die kommissie verwerp bewerings […]
# Die EFF het ‘n aansoek by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien om die besluit van die parlementêre Ampsklagkomitee om die benoeming van advokaat Thandazani Madonsela as sy getuienisleier te herroep, te hersien en tersyde te stel. President Cyril Ramaphosa het beswaar gemaak teen die aanstelling en moontlike belangebotsings uitgelig nadat Madonsela voorheen die ANC met […]
# Die Britse minister van Finansies, John Healey, sê hy gaan nie belastingverhogings in volgende maand se begroting uitsluit nie, en erken die staat se leenkoste is op ‘n “geskiedkundige hoogtepunt”. Die land se langtermyn-staatsleenkoste het verlede week ‘n 18-jaar hoogtepunt bereik te midde van die uitwerking van die VSA-Israelse oorlog, wat die olieprys nader […]
# President Cyril Ramaphosa sê die beweerde infiltrasie van die Suid-Afrikaanse Polisiediens deur misdadigers en gevestigde belangegroepe, ondersteun deur korrupte lede, kan nie toegelaat word om die diens te definieer nie. In sy weeklikse nuusbrief sê hy daar is duisende polisiebeamptes wat die land eerlik en moedig dien. Ramaphosa sê die regering kan nie openbare […]
# AfriForum beplan om Eskom se voorgestelde gemiddelde elektrisiteitstariefverhoging van ongeveer 8,8-persent vir 2027/2028 teen te staan. Die organisasie gaan formele besware by die energiereguleerder, Nersa, indien, en sê verbruikers moet nie vir onnodige of ondoeltreffende koste betaal nie. Morné Mostert van AfriForum sê verbruikers sukkel reeds met stygende lewenskoste en hoë elektrisiteitspryse, terwyl ondernemings […]
# Krieket: Die snelbouler Gerald Coetzee kry vir die eerste keer in drie jaar die kans om Suid-Afrika te verteenwoordig in die drie eendagwedstryde teen Australië. Hy is ingesluit in die groep van 16 spelers vir die reeks, wat op die 24ste in Durban begin. Die tweede wedstryd word drie dae later op die Wanderers […]
# Krieket: Die voormalige Engelse kaptein Kevin Pietersen het by die land se witbalspan aangesluit as ‘n spesialismentor terwyl die span voorberei vir volgende jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe. Die 46-jarige Pietersen, wat in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gebore is, sal deel wees van Brendon McCullum se afrigtingspan vir hierdie maand se T20- en […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-unie doen ‘n beroep op ‘n onmiddellike ondersoek na berigte oor Suid-Afrikaanse Nasionale Weermaglede in Kuba. Hulle is na bewering gevra om vrywillige betalings van tot 15-duisend-rand uit hul toelaes te maak om behoeftige Kubaanse burgers te help. Pikkie Greeff van die SANWU vra vir ‘n ondersoek om vas te stel […]