# Rugby: Die president van SA Rugby, Mark Alexander, het Suid-Afrikaanse ondersteuners geprys vir die atmosfeer tydens die eerste Rugby’s Greatest Rivalry-reeks, wat die land aan besoekers van regoor die wêreld bekend gestel het. Die Springbokke is 2-1 voor in die reeks teen die All Blacks met die laaste wedstryd Saterdag in Baltimore, in die […]
# Johannesburg se speaker, Margaret Arnolds, sê die moord op ʼn skoolbus-bestuurder in Westbury is ʼn pynlike herinnering dat geweldsmisdaad die veiligheid en welstand van inwoners in gemeenskappe reg oor die metro bedreig. Volgens die polisie het die 53-jarige man gister pas die laaste kinders afgelaai toe ongeïdentifiseerde verdagtes uit ʼn blou VW Polo op […]
# ʼn Suid-Afrikaanse werktuigkundige is een van ongeveer elf mense wat verlede week deur ʼn groep insypelinge in Mosambiek ontvoer is tydens ʼn aanval op ʼn jag-lodge en die nabygeleë dorp, Marangira. Volgens berigte is twee ander werknemers van die jag-lodge saam met die Suid-Afrikaner ontvoer terwyl die res van die inwoners van Marangira is. […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 08 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Verkiesingshof het die United Democratic Front se aansoek verwerp om die sperdatum vir kandidaatregistrasie vir die plaaslikeregeringsverkiesing te verleng. Die hof het beslis die Verkiesingskommissie het nie die mag om individuele partye vry te stel nie. # En […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het twee veranderinge aangebring aan sy beginspan wat die All Blacks in die derde toets in Johannesburg 29-24 geklop het. Die twee spanne pak mekaar Saterdag in die bepalende wedstryd van die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks in Baltimore, Amerika. Damian Willemse vervang die beseerde Cheslin Kolbe op heelagter en Morné van […]
# Die Verenigde Nasies se Menseregte-hoof, Volker Türk, waarsku dat kunsmatige intelligensie ʼn “bestaansrisiko vir die mensdom” kan word as dit nie beheer word nie. Hy sê KI-stelsels kan so magtig word dat hulle ontwikkelaars dit nie meer kan beheer nie. Türk het ook kommer uitgespreek oor die gebruik van KI in oorlogvoering, veral in […]