# Die Vereniging van Staatsamptenare vra bestendigheid en goeie bestuur by Onderstepoort Biologiese Produkte, na die skorsing van die liggaam se waarnemende uitvoerende hoof, Jacob Modumoh. Dit volg na bewerings van wangedrag rondom die prysbepaling van bek-en-klouseer-entstowwe deur die plaaslike entstofvervaardiger. Claude Naicker van die vakbond sê die publiek se vertroue in die vervaardiger asook […]
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, waarsku Suid-Afrikaners wat identiteitsdokumente moet kry om dadelik aansoek te doen voor November se munisipale verkiesing. Hy vra ook diegene wat hul ID’s moet gaan haal om dit so gou moontlik te doen. Teen verlede maand was daar meer as 370-duisend slim-ID’s wat afgehaal moes word. Schreiber […]
# Die EFF vra die volle openbaarmaking van al 15 Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede wat by die Ouditeur-generaal se bevindinge betrek word. Die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het bevind die aanstelling van die SETA’s se raadslede was onregmatig, omdat belangrike bestuursreëls verontagsaam is. Sy sê sommige van die aanstellings is sonder die verpligte werwingsproses gemaak. Die […]
# Die vakverbond Cosatu in Gauteng sê die provinsiale regering se vordering met die lewering van belangrike infrastruktuurprojekte is bemoedigend. Dit volg na die afhandeling van sewe groot projekte, insluitend drie hipermoderne fasiliteite en skole. Cosatu se provinsiale voorsitter, Amon Monyela, sê inwoners moet sien dat meer infrastruktuurprojekte doeltreffend, betyds en met vakmanskap van gehalte […]
# Kanadese vergeldingstariewe op Amerikaanse goedere ter waarde van 441,17-miljard-rand word vandag van krag, terwyl die handelsoorlog tussen die twee bondgenote voortsleep. Die tariewe wat wissel van 15- tot 50-persent volg nadat president Donald Trump van Amerika verlede maand 50-persent tariewe op Kanadese goedere ingestel het nadat handelsgesprekke ʼn dooiepunt bereik het. Die maatreëls raak […]
# Tennis: Die tweede-gekeurde Elena Rybakina van Kazakstan het nog net een oorwinning nodig om wêreld-nommer-een te word. Sy is die eerste keer in die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope nadat sy Naomi Osaka van Japan verslaan het. Rybakina speel volgende teen die Chinese kwalifiseerder Zheng Qinwen, wat die Pool Iga Swiatek uitgeskakel het. 2023 […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê hy wil die AIM-kongres gebruik om Suid-Afrika as ‘n geloofwaardige, mededingende en aantreklike beleggingsbestemming te vestig. Die kongres, wat gister begin het, is ‘n vlagskipbeleggingsplatform van die AIM Wêreldstigting wat jaarliks in die Verenigde Arabiese Emirate gehou word. Die geleentheid sal globale ekonomiese uitdagings […]