Skip to content

EFF eis openbaarmaking van 15 SETA’s wat by Ouditeur-generaal se bevindinge betrek word

# Die EFF vra die volle openbaarmaking van al 15 Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede wat by die Ouditeur-generaal se bevindinge betrek word. Die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het bevind die aanstelling van die SETA’s se raadslede was onregmatig, omdat belangrike bestuursreëls verontagsaam is. Sy sê sommige van die aanstellings is sonder die verpligte werwingsproses gemaak. Die EFF hou vol dat die SETA-stelsel gekaap is en as begunstiging gebruik word eerder as instrument vir vaardigheidsontwikkeling.