# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, waarsku Suid-Afrikaners wat identiteitsdokumente moet kry om dadelik aansoek te doen voor November se munisipale verkiesing. Hy vra ook diegene wat hul ID’s moet gaan haal om dit so gou moontlik te doen. Teen verlede maand was daar meer as 370-duisend slim-ID’s wat afgehaal moes word. Schreiber sê Binnelandse Sake het dramaties uitgebrei met gedigitaliseerde slim-ID-dienste wat binne vyf maande in meer as 450 banke beskikbaar gestel is.
Minister Schreiber maan landsburgers om voor verkiesing aansoek te doen vir identiteitsdokumente