# Die Stad Tshwane se Nooddienste-departement, in samewerking met die Plaaslike Regering Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid en Ithuba Recruitment, is vandeesmaand besig met ʼn keuringsproses vir die Nooddiens-leerlingskapprogram. Die program bemagtig jongmense met vaardighede en stel hulle bloot aan brandbestryding as voorkeurloopbaan. Die metro sê voornemende kandidate ondergaan ʼn reeks toetse, insluitend ʼn fiksheid-drafsessie van […]
# Sokker: ‘n Presidentskandidaat van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Sandile Zungu, het SAFA tot Donderdag tyd gegee om Bafana Bafana se spelers en tegniese span se Wêreldbeker-bonusse te betaal. SAFA skryf die vertraging toe aan uitstaande nakoming van internasionale belastingvereistes in Amerika en Mexiko, waar Suid-Afrika wedstryde gespeel het, om sowat 2,5-miljoen-rand aan elke speler te […]
# Iran se ministerie van Buitelandse Sake beskuldig Kanada dat hy na sy “afknouerige buurman”, Amerika, se pype dans en strategiese verwarring en onderwerping aan intimidasie toon. Ottawa het Teheran se “destabiliserende optrede” in die Midde-Ooste veroordeel en besluit om saam met vennote druk op Iran vol te hou deur onder meer sanksies en ondersteuning […]
# Die Nasionale Dobbelraad sê dobbel moet ontspanning bly en nooit beskou word as ʼn bron van inkomste of oplossing vir finansiële probleme nie. Die raad, in samewerking met Africa Imagine Alliance, het by Afrika-dobbelreguleerders en rolspelers aangesluit om Afrika Veiliger Dobbel-week te vier. Die raad se waarnemende hoof, Lungile Dukwana, sê dobbel hou altyd […]
# Die vakverbond Cosatu sê indien die Wysigingswetsontwerp op Openbare Verkryging bekragtig word, sal dit ʼn belangrike wapen wees in die stryd teen staatskaping en korrupsie. Die wetsontwerp is daarop gemik om die Wet op Openbare Verkryging te versterk. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê werkers het betaal en betaal steeds ʼn groot prys vir staatskaping en […]
# Meer as 16-duisend verdagtes is landwyd vasgetrek tydens ʼn week lange operasie teen geweldsmisdaad, onwettige handel, dwelmhandel, immigrasie-oortredings, onwettige vuurwapens en ander misdade. Die Shanela-operasies is tussen 31 Augustus en 6 September uitgevoer. Vyfduisend-520 gesoekte misdadigers wat met ernstige en geweldsmisdade verbind word, is aangekeer. Polisiewoordvoerder. Vincent Mukhathi, sê hulle het beslag gelê op […]