Skip to content

Tshwane verskerp jeugbemagtigingsprogram deur Nooddiens-leerlingskapprogram

# Die Stad Tshwane se Nooddienste-departement, in samewerking met die Plaaslike Regering Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid en Ithuba Recruitment, is vandeesmaand besig met ʼn keuringsproses vir die Nooddiens-leerlingskapprogram. Die program bemagtig jongmense met vaardighede en stel hulle bloot aan brandbestryding as voorkeurloopbaan. Die metro sê voornemende kandidate ondergaan ʼn reeks toetse, insluitend ʼn fiksheid-drafsessie van 2,4-kilometer, ʼn fisiese bevoegdheidstoets en onderhoude.