# Die Hooggeregshof in Makhanda het die Valke in die Oos-Kaap en die Nasionale Vervolgingsgesag ʼn verbeurdverklaringsbevel van meer as 2,3-miljoen-rand toegestaan. Dit hou verband met ʼn kontantrooftog in Julie 2024 op die pad tussen Kei-weg, Maclean Town en Stutterheim. Die Valke-woordvoerder, Ndiphiwe Mhlakuvana, sê vyf verdagtes is tydens die voorval doodgeskiet en vyf ander […]
# Lede van die Voedsel- en Geallieerde Werkersvakbond, Fawu, in die suikervervaardigings- en -raffineringsbedryf het hul staking hervat ná ʼn dooiepunt in salaris-onderhandelings. Honderde werkers, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en ander suikerriet-streke, het hul poste by meulens en verwante bedrywighede verlaat. Die vakbonde FAWU, AMCU en die United Association of South Africa eis onder meer ʼn […]
# Die vakbondfederasie Cosatu sê die bestuursprobleme by die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema spoel oor na administratiewe prosesse, en raak duisende studente. Die Hooggeregshof in Pretoria het in ‘n uitspraak verlede week die ontbinde NSFAS-raad heraangestel en professor Hlengani Mathebula se aanstelling as administrateur as irrasioneel verklaar. Cosatu se woordvoerder, Nonzuzo Dlamini, sê die aanstelling […]
# Business Leadership South Africa se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, kritiseer Eskom se raad se weerstand teen die ontbondeling van transmissie-bates en beskuldig hom dat hy lener-ingewikkeldheid as wapen gebruik om herstrukturering teen te staan. Eskom se voorsitter, Mteto Nyati, hou vol die kragverskaffer se finansiële probleme moet eers hanteer word om die skepping van […]
# Tennis: Die topgekeurde Alexander Zverev van Duitsland is deur na die vierde ronde van die Cincinnati-ope na ‘n oorwinning oor die Fransman Terence Atmane. Die 19-jarige Spanjaard Rafael Jodar het Alejandro Tabilo van Chili geklop en is nou saam met Carlos Alcaraz en Ben Shelton die enigste tieners om hierdie dekade dié ronde in […]
# Die Tshwane-metropolisiedepartement sê hy toon geen verdraagsaamheid wat misdadigheid en wangedrag in sy geledere betref nie. Dit volg nadat een van sy konstabels, Peter Nonyane, gearresteer is in verband met ʼn bedrog- en geldwassery-skema met 1,75-miljoen-rand uit ʼn boedel. Die metro se woordvoerder, Isaac Mahamba, sê die saak vestig weer aandag op wetstoepassingsbeamptes en […]
# Brittanje sê hy staan bankvas agter Oekraïne en sal die toerusting verskaf wat Kiëf nodig het om homself teen die onwettige inval van Rusland se president Vladimir Putin te verdedig. Rusland se ambassade in Brittanje beskuldig Brittanje dat hy die krisis in die Oekraïne doelbewus vererger. Dit volg na bevestiging dat Brits-vervaardigde hommeltuie gebruik […]