# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste het kommer uitgespreek oor bewerings by die Kgosi Mampuru-tronk in Pretoria. Gevangenes beweer hulle moet 240-rand betaal vir toegang tot ʼn stapelbed. Dié wat nie kan betaal nie, moet op die sementvloer slaap in selle wat oorvol en vuil is. Die komitee sê hy is ook bekommerd oor […]
# Die MK-party se eerste adjunkpresident, Duduzane Zuma, het die voortdurende leierskapsveranderinge verdedig en sê dit behoort meer vertroue by kiesers in te boesem. Partyleier Jacob Zuma het sy seun vroeër die maand regstreeks onder hom in die partystruktuur geplaas. Verskeie senior partyleiers is verwyder of verskuif, insluitend John Hlophe wat as eerste adjunkpresident vervang […]
# Die Filippyne het vandag sy tweede noodlottige skietvoorval in twee maande beleef toe ʼn student dood is voor die vermeende moordenaar homself doodgeskiet het. Die voorval het plaasgevind by ʼn skool wat verbind word met die privaat beheerde Ateneo de Zamboanga-universiteit in Zamboanga. Volgens die polisie se voorlopige verslag het die skieter ʼn pistool […]
# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, is bekommerd oor die uitwerking van voortslepende bende-geweld op leerders, onderwysers en die groter skoolgemeenskap van Westbury. Vier mense is die afgelope naweek doodgeskiet en een gewond. Dit sluit ʼn leerder van die Sekondêre Skool RW Fick in. Woordvoerder Onwabile Lubhelwana sê hulle gaan leerders wat hul […]
# Rugby: All Black-afrigter Dave Rennie verwag die Springbokke sal Saterdag op Ellispark aanhoudende druk op die besoekers plaas met hul kragtige vaste fasette om foute af te dwing. Die All Blacks gaan die eerste toets met selfvertroue tegemoet na oorwinnings oor die Stormers, Haaie en Bulle. Saula Ma’u het Ollie Norris vervang en Noah […]
# Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Sizakhele Dyantyi, sê hy sal geen verdraagsaamheid toon teenoor beamptes wat omkoopgeld aanvaar of hul mag misbruik nie. ʼn Polisiebeampte wat probeer het om smokkelware by aanhoudingselle by die Mitchell’s Plain-polisiekantoor in te smokkel, is Sondag gearresteer. Die polisiewoordvoerder, Wesley Twigg, sê die beampte was aan die verkeerde kant van die […]
# Die Hooggeregshof in Makhanda het die Valke in die Oos-Kaap en die Nasionale Vervolgingsgesag ʼn verbeurdverklaringsbevel van meer as 2,3-miljoen-rand toegestaan. Dit hou verband met ʼn kontantrooftog in Julie 2024 op die pad tussen Kei-weg, Maclean Town en Stutterheim. Die Valke-woordvoerder, Ndiphiwe Mhlakuvana, sê vyf verdagtes is tydens die voorval doodgeskiet en vyf ander […]