# Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het ‘n ooreenkoms onderteken wat Suid-Afrikaanse kersies die eerste keer toegang gee tot die Chinese mark. Die ooreenkoms is in Beijing onderteken tydens die negende ministeriële vergadering oor landbougesondheid en voedselveiligheid. Aucamp sê hierdie is ‘n rekordprestasie, aangesien dit die tweede is wat binne ‘n jaar met China […]
# Die polisie het 30 buitelandse burgers in hegtenis geneem en op onwettige mynboutoerusting beslag gelê tydens ‘n klopjag in Mohlakeng, Gauteng. Die operasie het onwettige mynbou geteiken en mynboutoerusting, goudhoudende materiaal en ander gereedskap is afgeneem. Polisie-woordvoerder Tintswalo Sibeko sê die verdagtes sal na verwagting aangekla word van onwettige mynbou en oortreding van die […]
# Suid-Afrika se ekonomie het tussen April en Junie met 0,2-persent gekrimp na ses agtereenvolgende kwartale van groei. Statistiek Suid-Afrika se jongste bruto binnelandse produksyfers toon die mynbou-, handels- en vervaardigingsektore was die grootste rem op ekonomiese bedrywighede. Statistikus-generaal Risenga Maluleke sê mynbou het met drie-persent afgeneem, handel met 1,9-persent en vervaardiging met 1,8-persent. Hy […]
# Build One South Africa sê sleutelsektore wat werksgeleenthede skep, kry swaar. Volgens Statistiek Suid-Afrika het die ekonomie in die tweede kwartaal met 0,2-persent gekrimp. Handel, spyseniering en verblyf het met 1,9-persent gedaal, vervaardiging met 1,8-persent en mynbou met drie-persent. BOSA se leier, Musi Maimane, sê die regering van nasionale eenheid het ekonomiese groei en […]
# Die busonderneming Putco gaan 349 kontrakwerkers voltyds aanstel. Putco sê dit geld vir busbestuurders en kondukteurs, skoonmakers, werkswinkelpersoneel en bestuurders wat busse op depots verskuif. Die werknemers sal dus kwalifiseer vir voordele, insluitend pensioen- of voorsorgfondse en gesondheidsorg. Die vakbond Numsa verwelkom die besluit en sê dis ‘n oorwinning teen die toenemende gebruik van […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, vra matrieks om voor die sperdatum aansoek te doen by kolleges vir Tegniese en Beroeps-onderwys en -opleiding vir die volgende akademiese jaar. Die regering streef om hierdie kolleges as voorkeurkeuse te vestig vir jongmense wat verdere studies, werkgeleenthede of entrepreneurskap oorweeg. Woordvoerder Matshepo Seedat sê […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag weerlê bewerings oor soldate op ‘n opleidingsending in Kuba wat verplig word om sogenaamde vrywillige bydraes te maak om behoeftige Kubane te help. News24 berig senior soldate is na bewering onder druk geplaas om meer as 15-duisend-rand elk te skenk en junior offisiere meer as drie-duisend-rand elk. Die Weermag sê […]