Skip to content

Minister Aucamp teken ooreenkoms om kersies na China uit te voer

# Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het ‘n ooreenkoms onderteken wat Suid-Afrikaanse kersies die eerste keer toegang gee tot die Chinese mark. Die ooreenkoms is in Beijing onderteken tydens die negende ministeriële vergadering oor landbougesondheid en voedselveiligheid. Aucamp sê hierdie is ‘n rekordprestasie, aangesien dit die tweede is wat binne ‘n jaar met China onderteken is. Hy sê dit sal beduidende ekonomiese voordele inhou. China het verlede jaar meer as 52-miljard-rand se kersies ingevoer, en die nuwe uitvoergeleentheid sal na verwagting sowat 600 werksgeleenthede skep.