# Build One South Africa sê sleutelsektore wat werksgeleenthede skep, kry swaar. Volgens Statistiek Suid-Afrika het die ekonomie in die tweede kwartaal met 0,2-persent gekrimp. Handel, spyseniering en verblyf het met 1,9-persent gedaal, vervaardiging met 1,8-persent en mynbou met drie-persent. BOSA se leier, Musi Maimane, sê die regering van nasionale eenheid het ekonomiese groei en bestendigheid beloof, maar ekonomiese agteruitgang lei tot minder werksgeleenthede, minder beleggings en groter druk op huishoudings:
BOSA sê SA ekonomie gaan agteruit ná 0.2% inkrimping [KLANK]
ENG MaimaneOnEconomy