# Die NUM steun die United Steelworkers se staking op Sibanye-Stillwater se bedrywighede in Amerika en Kanada. Mpho Phakedi van die vakbond sê 420 werkers het verlede week op die Nye-myn en die Columbus Metallurgical Complex begin staak nadat loononderhandelings ‘n dooiepunt bereik het. Die NUM beskuldig die onderneming dat hy beduidende toegewings van werkers […]
# Die KwaZulu-Natalse Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur het sy eerste skoon oudit ontvang en skryf die prestasie toe aan sterker finansiële beheermaatreëls en meer aanspreeklikheid. Woordvoerder Steve Bhengu sê dit volg nadat die LUR, Martin Meyer, hervormings ingestel het. Hy sê dit sal beleggersvertroue versterk en die departement as ‘n betroubare vennoot vestig […]
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die party het nege-duisend-128 kandidate oor die nege provinsies vir die plaaslike regeringsverkiesing ingedien. Hiervan is agt-duisend-947 kandidate by die Verkiesingskommissie geregistreer wat wyksetels en proporsionele setels verteenwoordig. Mbalula sê 181 kandidate het nie die finale elektroniese registrasiestap voltooi nie. Hy sê dit sluit 130 proporsionele […]
# Die besturende direkteur van die BBF Safety Group, Ndlela Mazibuko, sê Afrika se mineraalrykdom bied beduidende geleenthede vir ekonomiese ontwikkeling, waardetoevoeging, tegnologie en vernuwing. Hy het op die Electra-mynbou-Afrika-uitstalling in Johannesburg aan Mining Weekly gesê die vasteland se bevolking van 1,4-miljard skep ‘n sterk vraag na goedere en dienste. Mazibuko sê mense bly die […]
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê burgemeesterskandidate is onderwerp aan integriteitsondersoeke rakende bedrog, strafregtelike oortredings en onetiese gedrag. Hy sê kandidate met misdaadrekords, ongunstige bevindings of dissiplinêre aangeleenthede is van die lys verwyder. Mbalula sê persone op wie die ANC se opsystaan-reël van toepassing is, word uitgesluit. Hy sê die proses pas die […]
# Statistiek Suid-Afrika sê invoere het tussen April en Junie met 4,9-persent gestyg, aangevuur deur verhoogde aankope van nywerheids- en elektriese toerusting en mineraalprodukte. Uitvoere het met 0,9-persent gegroei, ondersteun deur hoër verkope van edelmetale en -stene. Belegging het ‘n tweede agtereenvolgende kwartaal afgeneem, hoofsaaklik weens swakker besteding aan bouwerk- en vervoertoerusting. Huishoudelike verbruik het […]
# Die Presidensie nooi Suid-Afrikaners uit om mense wat buitengewone bydraes tot hul gemeenskappe of die nasie gelewer het, vir Nasionale Ordes te benoem. Dit is die land se hoogste eerbewyse, wat uitnemendheid op gebiede soos wetenskap, kultuur, sport, gemeenskapsdiens en dapperheid erken. Die kanselier van Nasionale Ordes, Phindile Baleni, moedig burgers van alle agtergronde […]