# Die KwaZulu-Natalse Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur het sy eerste skoon oudit ontvang en skryf die prestasie toe aan sterker finansiële beheermaatreëls en meer aanspreeklikheid. Woordvoerder Steve Bhengu sê dit volg nadat die LUR, Martin Meyer, hervormings ingestel het. Hy sê dit sal beleggersvertroue versterk en die departement as ‘n betroubare vennoot vestig in die privaat sektor, by ontwikkelaars en finansiële instellings. Bhengu voeg by die skoon oudit toon die departement se verbintenis tot goeie staatsbestuur en sal infrastruktuur-ontwikkeling, beleggings en ekonomiese groei bevorder.
Openbare Werke in KZN ontvang eerste skoon oudit