# ‘n Studie deur die Universiteit van Kaapstad het bevind stokvelle kan ‘n belangrike platform word vir die verbetering van voeding en voedselsekerheid in lae-inkomste gemeenskappe. Die Internasionale Navorsings- en Ontwikkelingsentrum het die studie befonds. Ondersoek is ingestel na die uitwerking van kruideniersware-stokvelle op voedselaankope en voedingsverwante besluite in twee lae-inkomstegemeenskappe in Kaapstad, Dunoon en […]
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het sy raadplegings-dokument oor die vernuwing van BTW bekendgestel en ‘n openbare raadplegingsproses begin om die land oor te skakel na ‘n digitale BTW-administrasiestelsel met bykans onmiddellike verwerking. Die diens stel ‘n aanlyn BTW-model voor wat e-fakturering en e-rapportering integreer om BTW-administrasie te herposisioneer, nakoming te vergemaklik en toesig te versterk. […]
# ‘n Elektrisiën van Kimberley in die Noord-Kaap, Andrew “Benji” Benjamin, is die wenner van MasterChef South Africa se sesde seisoen en het prysgeld van ‘n miljoen-rand losgeslaan. Die 40-jarige amateursjef het Candice Meth van Durban in ‘n spannende eindronde uitgestof. Benjamin, ‘n hoogspanning-elektrisiën, het kykers en beoordelaars beïndruk met sy kalm benadering en kookvernuf. […]
# Die Amerikaanse gesant, Jared Kushner, sê Hamas kan binnekort ontwapen, maar Amerika sal verdere Israelse militêre optrede in Gaza steun indien dit nie gebeur nie. Hy en die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gister ooreengekom om twee werksgroepe te stig. Een sal fokus op ontwapening en verwydering van militêre infrastruktuur in Gaza, en […]
# Die Soil of Africa-beweging sê die debat oor migrasie moet verder strek as die vals keuse tussen die beskerming van Suid-Afrikaners of buitelandse burgers. Woordvoerder Luzuko Sofute sê Suid-Afrikaners is bekommerd oor ongedokumenteerde migrante, die druk op openbare dienste, werksgeleenthede, misdaad, korrupsie en die integriteit van die land se immigrasiestelsel. Hy sê hierdie kommer […]
# Rugby: Die Springbokke se tegniese raadgewer, die voormalige toets-skeidsregter Jaco Peyper, sê aantygings oor die vertraging van die spel gebeur op stadions waar die lug dun is. Die All Blacks sê Suid-Afrikaanse spanne vertraag die spel doelbewus en ondermyn pogings om dit te versnel. Peyper sê spelers het 30 sekondes van die oomblik dat […]