# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Minerale en Petroleumbronne sê Suid-Afrika benodig ‘n regulatoriese raamwerk wat die omgewing en gemeenskappe se regte beskerm, terwyl dit beleggers voldoende sekerheid bied om verantwoordelike olie- en gas-verkenning te onderneem. Die Konstitusionele Hof het Shell en Impact Africa se verkennings-bedrywighede langs die Wildekus verbied. Die komitee is bekommerd oor […]
# Middelmaand-data van die Sentrale Energiefonds toon motoriste kan hoër brandstofpryse verwag in September. Die prys van 93-oktaan-petrol toon tans ‘n onderverhaling van 66-sent per liter, terwyl 95-oktaan-petrol met sowat 77-sent per liter kan styg. Dieselgebruikers kan die swaarste getref word, met stygings van tussen twee-rand-73 en twee-rand-90 per liter. Kenners sê die verhogings word […]
# Die Madlanga-kommissie se kommissaris, Sesi Baloyi, vra dat die geskorste polisiesersant Fannie Nkosi aanspreeklik gehou word nadat getuienis aangedui het hy het polisiebriefhoofde vir privaat transaksies gebruik. Die hoof-getuienisleier, Matthew Chaskalson, het WhatsApp-boodskappe oor Nkosi en die vermoorde taxibaas Jothan Msibi voorgelê. Hy sê dit toon na bewering hoe Nkosi instem om ‘n konsepbrief […]
# Mpumalanga se polisie het in Tonga naby die grens met Eswatini beslag gelê op 630-kilogram dagga ter waarde van meer as vier-miljoen-rand. Woordvoerder Mpho Nonyane-Mpe sê beamptes het ‘n vragmotor en sleepwa met Eswatini-nommerplate deursoek en 49 sakke dagga ontdek. ‘n Verdagte is in hegtenis geneem. Die polisie het ook die vragmotor afgeneem, wat […]
# Rugby: Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, beskou die komende reeks teen die Springbokke as baie moeiliker as ‘n Wêreldbekertoernooi. Hy sê in ‘n Wêrelbeker wissel die krag van die teenstanders aansienlik, terwyl hulle teen Suid-Afrika elke keer teen dieselfde sterk teenstander speel. Die twee lande kan in die kwarteindronde van volgende jaar […]
# Oliepryse het vandag vir ‘n derde agtereenvolgende verhandelingstydperk gestyg namate hoop vir ‘n blywende vredesooreenkoms tussen Amerika en Iran vervaag, wat kommer oor wêreldwye energievoorrade wek. Iran sê hy sal ‘n meer aggressiewe militêre houding inneem na onderhandelings misluk het, terwyl Washington die moontlikheid uitgesluit het om ‘n tydelike skietstilstand te verleng. Brent-ruolie het […]
# Iran se Ministerie van Buitelandse Sake sê gesprekke duur voort met Oman oor die Seestraat van Hormoes, maar is tydsaam weens ingewikkelde kwessies en sekere rolspelers se pogings om die proses te ondermyn. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gedreig om Oman te bombardeer indien die land inmeng met sy regering se bedrywighede in […]