Skip to content

Interministeriële-komitee prioritiseer optrede teen 2 400 geboue wat nie aan vereistes voldoen nie [KLANK]

# Die Interministeriële-komitee sê hy prioritiseer optrede teen sowat twee-duisend-400 geboue regoor die metro’s wat nie aan die vereistes voldoen nie. Die geboue sluit gekaapte eiendomme in wat dikwels verbind word met misdaad soos dwelmhandel, mensehandel en onwettige handel. Die voorsitter van die komitee, Mmamoloko Kubayi, het tydens ‘n media-inligtingsessie gesê die regering beplan om noodakkommodasie te verbeter, hofprosesse te bespoedig en ‘n gemeenskaplike stelsel te skep om hierdie geboue op te spoor:

ENG KubayiOnHijackedBuildings