Skip to content

Verdagte in hegtenis geneem op OR Tambo met R800 000 se kokaïen

# Polisie het ‘n man op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat kokaïen ter waarde van 800-duisend-rand in sy bagasie ontdek is. Beamptes sê die verdagte is tydens ‘n roetine-ondersoek onderskep toe die verdagte items opgespoor is. Tydens ‘n inspeksie is versteekte kokaïen met ‘n straatwaarde van nagenoeg 800-duisend-rand in sy bagasie gevind. Die man is onmiddellik in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Kemptonpark-Landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel, terwyl die polisie-ondersoek voortduur.