# Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het vier hooggeplaaste amptenare geskors, hangende die uitslag van ‘n ondersoek na bewerings van bedrog wat verband hou met ‘n steenkoolvoorsieningstender. ‘n Strafsaak is by die Valke aanhangig gemaak. Minister Groenewald sê ‘n veelvuldige forensiese oudit word onafhanklik gedoen, wat alle teenstrydighede in die tenderproses sal uitwys. […]
# Brittanje gaan die invoer van goedere van Israelse nedersettings in die besette Wesoewer verbied. Die minister van Buitelandse Sake, Ed Miliband, sê daar is etniese suiwering van Palestyne in dele van die Wesoewer deur setlaar-“terroriste”. Die sanksies sluit ook ‘n nuwe verbod op wapenlisensies en persoonlike sanksies teen sleutelpersone in wat daarvan beskuldig word […]
# ActionSA het gratis MyCiTi-busritte op weeksdae vir inwoners van Kaapstad belowe indien die party in die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November verkies word. Die party stel ‘n toeristeheffing van ongeveer ‘n 100-rand per nag op korttermynverblyf voor om die diens te help finansier. Hulle beplan ook om ‘n MyCape-kaart in te stel om MyCiTi, […]
# Die Departement van Gesondheid sê meer as 55-duisend mense het begin om lenakapavir te gebruik, ‘n inspuitbare medikasie wat twee keer per jaar toegedien word om MIV te voorkom. Die program is by 360 openbare gesondheidsfasiliteite in ses provinsies bekendgestel, met vroue wat 71-persent van die ontvangers verteenwoordig. Gauteng het die hoogste aantal inspuitings […]
# Golden Arrow-busdienste het die Kaapstadse Arbeidshof genader om ‘n beplande staking deur die Nasionale Vakbond vir Alle Sektore vanaf Donderdag te stop. Die vakbond sê die lede sal van middernag af staak oor verskeie kwessies, insluitend dissiplinêre prosesse. Die busmaatskappy betwis die bewerings en respekteer werkers se reg op wettige arbeidsoptrede, terwyl hulle ook […]
# Krieket: Australië wil privaat belegging in sy winsgewende Big Bash T20-liga vanaf die 2027/28-seisoen bekendstel, beginnende met die verkoop van die Melbourne Renegades. Krieket Australië sê afhangende van die uitkoms, sal hulle oorweeg om ander klubs op die mark te plaas onder ‘n selfbeskikkingsmodel. Renegades, wat die kompetisie in die 2018/19-seisoen gewen het, behoort […]
# Motorsport: Die Nieu-Seelandse bestuurder Liam Lawson sal Isack Hadjar se Red Bull bestuur in hierdie naweek se Spaanse Grand Prix in Madrid. Die Fransman het nog nie herstel van ‘n polsbesering wat hom uit die vorige twee Formule Een-wedrenne gehou het nie. Lawson se plek by Racing Bulls sal deur die Japannese bestuurder Yuki […]
# Die leier van die DA, Geordin Hill-Lewis sê die party is gereed om met die regering saam te werk om ekonomiese groei te verbeter, maar sal voortgaan om druk uit te oefen vir vinniger en meer ambisieuse hervormings. Hill-Lewis voer aan die regering kan nie stadige hervormings bekostig terwyl miljoene mense werkloos bly nie. […]
# Die landbou-organisasie Saai sê die staatsbeheerde Onderstepoort Biologiese Produkte voldoen nie aan die veebedryf se entstofbehoeftes nie en moet geprivatiseer word. Volgens Saai plaas tekorte aan entstowwe vir siektes soos bek-en-klouseer en Afrika-perdesiekte boere onder druk. Theo de Jager van Saai sê groter betrokkenheid deur die privaat sektor kan entstofproduksie en -voorsiening verbeter: