Skip to content

Golden Arrow vra vir dringende hofbevel oor Donderdag se staking

# Golden Arrow-busdienste het die Kaapstadse Arbeidshof genader om ‘n beplande staking deur die Nasionale Vakbond vir Alle Sektore vanaf Donderdag te stop. Die vakbond sê die lede sal van middernag af staak oor verskeie kwessies, insluitend dissiplinêre prosesse. Die busmaatskappy betwis die bewerings en respekteer werkers se reg op wettige arbeidsoptrede, terwyl hulle ook ‘n verantwoordelikheid het om passasiers, werknemers en die publiek te beskerm. Meer inligting oor die hofverrigtinge sal vandag verskaf word.