# Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het vier hooggeplaaste amptenare geskors, hangende die uitslag van ‘n ondersoek na bewerings van bedrog wat verband hou met ‘n steenkoolvoorsieningstender. ‘n Strafsaak is by die Valke aanhangig gemaak. Minister Groenewald sê ‘n veelvuldige forensiese oudit word onafhanklik gedoen, wat alle teenstrydighede in die tenderproses sal uitwys. Hy sê dit sal die grondslag lê om ‘n waterdigte strafregtelike saak teen die skuldige partye te verseker.
Minister Groenewald skors vier senior korrektiewe beamptes oor beweerde tenderbedrog