# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die nuwe protokol wat afrigters se toegang tot skeidsregters beperk, kan lei tot gevolge waaraan Wêreldrugby nie gedink het nie. Breiers het nou veel minder insig oor veld-beslissings, wat verlede maand daartoe gelei het dat Italië se afrigter, Gonzalo Quesada, ‘n skorsing en formele waarskuwing gekry het oor sy […]
# President Cyril Ramaphosa het die voormalige minister van Finansies, Nhlanhla Nene, aangestel as voorsitter van die Finansiële en Fiskale Kommissie vir ‘n tydperk van vyf jaar. Malijeng Ngqaleni is die ondervoorsitter. Die ander vier lede wat aangestel is, is Bulelwa Nqadolo, Advokaat Neo Tsholanku, Andrew Donaldson en Astrid Ludin. Die kommissie voorsien die Parlement, […]
# WhatsApp-boodskappe voor die Madlanga-kommissie dui aan die vermoorde taxibaas Mswazi Msibi het na bewering die sakeman Ze Nxumalo gebruik om ‘n vervoertender van Ekurhuleni te beïnvloed. Die hoofgetuienisleier, Matthew Chaskalson, sê Msibi het na bewering ‘n projekbestuurseenheid en tegniese dienstekontrak identifiseer voordat dit geadverteer is, blykbaar vir Kamprock Eiendoms Beperk. Die tender hou verband […]
# Gholf: Die tweemalige Amerikaanse Ope-kampioen, Bryson DeChambeau, het sy deelname aan vanjaar se Nedbank-uitdaging bevestig. Die toernooi vind vroeg in Desember plaas op die Gary Player-buiteklub in Sun City, Noordwes. DeChambeau het vanjaar ook die LIV Gholf-toernooi op Steyn City in Johannesburg gewen. Die Suid-Afrikaanse gholfikoon, Gary Player, wat in sy loopbaan nege major-titels […]
# Die DA sê die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het tussen 2022 en vanjaar meer as 20,6-miljoen-rand aan 211 geleenthede bestee, terwyl boere aanhou sukkel. Die DA-lid, Bronwynn Engelbrecht, sê die besteding is onthul tydens antwoorde op vrae in die provinsiale wetgewer. Sy sê die departement moet voorkeur gee aan landbou-infrastruktuur, veeartsenykundige […]
# Die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie het al sy kampusse en koshuise gesluit ná toenemende studente-onrus. Die besluit volg nadat ‘n brand gestig is naby die Ou Onderwysgebou op die kampus in Bellville. Geen beserings is aangemeld nie. Akademiese bedrywighede is opgeskort en studente het opdrag gekry om koshuise te ontruim. Die betogings hou […]
# ‘n Drie-meter-lange krokodil is in die Vaalrivier gesien, en owerhede waarsku mense om nie te swem of aan water-bedrywighede deel te neem tot die dier gevang is nie. Charles van der Merwe van die Water-wetstoepassingspan sê daar is reeds ‘n vanghok. Die reptiel, waarskynlik ‘n Wes-Afrika slanksnuit-krokodil, is nie aggressief nie, maar steeds gevaarlik. […]