Skip to content

Regering versterk toepassingsvermoë om toe te slaan op migrasie-oortredings

# Die regering sê as deel van sy optrede teen migrasie-oortredings, teiken multidissiplinêre wetstoepassingsoperasies onwettige oorgrens-beweging, vervalste dokumentasie, uitbuiting van arbeiders, mensehandel-netwerke en onwettige mynbedrywighede. Tot op hede is 205 gevalle geregistreer, 354 mense is gearresteer en 123 gevalle is op die hofrol geplaas. Meer as 350-duisend inspeksies is uitgevoer by nywerhede en in sektore, insluitend fabrieke, supermarkte en spazawinkels. Die regering sê om wetstoepassing te versterk, is ses-duisend-317 inspekteurs opgelei vir multidissiplinêre wetstoepassingsoperasies.