# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die nuwe elektrisiteitsprysbeleid sal beskerming vir arm en kwesbare verbruikers versterk en elektrisiteitsrekeninge meer deursigtig maak. Die minister sê munisipale en Eskom-rekeninge sal ontbondel word, wat aan verbruikers sal wys presies hoe koste bereken word. Rekeninge sal elektrisiteitsopwekking, transmissie- en verspreidingskoste, bykomende dienste en munisipale […]
# Die Energie- en Infrastruktuurbeleggingsforum is in Johannesburg onderweg en bring belanghebbendes byeen om Afrika se energie-, infrastruktuur- en ekonomiese ontwikkelingsbehoeftes te bespreek. Sprekers sê slim vennootskappe word benodig om projekte beleggersgereed te maak en beleggings te lok. Die forum fokus ook op kritieke minerale en streeksintegrasie. Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika sê infrastruktuurprojekte moet doelbewus […]
# Die Nasionale Krugerwildtuin in Mpumalanga en Limpopo beplan ‘n groot infrastruktuur-opknapping na die ernstige oorstromings in Januarie, met herstelwerk wat na verwagting sowat 950-miljoen-rand sal kos. Die vloede het paaie, akkommodasie en waterinfrastruktuur beskadig. Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, sê werk is nou aan die gang om die beskadigde […]
# Meer as 40-duisend studente by 76 instellings is nie behoorlik befonds deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente nie, teen ‘n koste van 5,1-miljard-rand. Die Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka het vandag die bevindings van ‘n ondersoek bekendgemaak. Slegs twee-miljard-rand is verhaal, dus is ongeveer 3,1-miljard-rand uitstaande. Dit laat ernstige vrae ontstaan oor NSFAS se […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering het verwagtinge oortref deur lasvermindering uit te skakel. Sewe van die nege provinsies het nou die praktyk beëindig, met die Oos-Kaap as die jongste verlede week. Ramokgopa sê werk duur voort in KwaZulu-Natal en Gauteng. Hy bly vol vertroue dat beide provinsies so […]
# Build One South Africa sê nasionale en provinsiale regeringsinstellings is 1,44-miljard rand aan die Stad Johannesburg verskuldig vir noodsaaklike munisipale dienste. Die burgemeesterskandidaat van BOSA in Johannesburg, Nobuntu Hlazo-Webster, sê hierdie onbetaalde skuld plaas druk op die stad se finansies en bedreig die stad se vermoë om infrastruktuur te onderhou en dienste te lewer. […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, se goedkeuringsyfer is op die laagste vlak in sy presidentskap, terwyl die oorgrote meerderheid Amerikaners bekommerd is dat die oorlog met Iran nog lank kan voortduur. Dit volgens ‘n Reuters/Ipsos-meningsopname wat gister afgehandel is. Slegs 33-persent van die deelnemers sê hul keur Trump se optrede in die Withuis goed, […]