# Krieket: Die eerste toets teen Pakistan wat vandag op Headingley in Leeds begin, lui ‘n nuwe era in vir Engeland, met ‘n nuwe kaptein en afrigter. Ben Stokes het uitgetree ná Junie se reeksnederlaag teen Nieu-Seeland, terwyl Brendon McCullum as afrigter afgedank is. Hy sal uiteindelik vervang word deur die voormalige Nieu-Seelandse speler Stephen […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het ‘n nuwe plan aanvaar om die aantal seevoëls wat per ongeluk deur visvang vrek, te verminder. Die plan sal van vanjaar tot 2030 geld en sal op verskillende soorte visvangmetodes gemik wees. Die regering sal met die visbedryf, bewaringsgroepe en navorsers saamwerk om monitering te […]
# Die MK-party en United Africans Transformation het aansoek gedoen om verlof tot appèl teen die bevel van die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat openbare verhore deur die Parlement se Artikel 89-ampsklagkomitee teen president Cyril Ramaphosa staak. Dit volg na die Konstitusionele Hof se weiering verlede week om ‘n direkte appèl aan te hoor, omdat die saak […]
# DebtBusters sê Suid-Afrikaanse verbruikers bly onder ernstige finansiële druk, met mense wat aansoek doen vir skuldberading wat 64-persent van hul netto salaris gebruik om skuld te betaal. Die jongste indeks toon verbruikers wat meer as 50-duisend-rand per maand verdien, benodig 103-persent van hul inkomste om skuldterugbetalings te dek. Die gemiddelde aansoeker het nou 8,7 […]
# City Power verskerp pogings om elektrisiteitsinfrastruktuurmisdaad in Alexandra te bekamp. Dit volg na die inhegtenisneming van twee verdagtes wat na bewering oor die naweek met elektrisiteitstoerusting gepeuter het. Een verdagte is in hegtenis geneem nadat inwoners aangemeld het dat drie mans naby ‘n mini-substasie grawe, terwyl ‘n ander in ‘n aparte voorval in hegtenis […]
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het die projek vir prokureurs in polisiestasies aangekondig om misdaadondersoeke en vervolgings te verbeter. Die inisiatief, wat saam met die polisie en die Global Initiative Against Transnational Organised Crime bedryf word, sal prokureurs by polisiestasies plaas om beamptes op te lei, verklarings te verbeter en saakdossiere te versterk. Na […]
# Die moordbeskuldigde Katiso “KT” Molefe, die oorlede taxibaas Mswazi Msibi en sakeman Steve Motsumi het na bewering hulself as staatsamptenare voorgedoen terwyl hulle met buitelandse verskaffers van toesigtegnologie sake gedoen het. Die getuienisleier Matthew Chaskalson het aan die Madlanga-kommissie gesê selfoonkommunikasie dui daarop die mans was betrokke by pogings om spioenasie- en stemsteuringstegnologie aan […]
# Die DA in Limpopo sê Great North Transport is op die rand van ineenstorting al het hy sedert 2016 al byna een-miljard-rand in belastingbetalerbefondsing ontvang. Die party is teen ‘n verdere reddingsboei van 200-miljoen-rand gekant. Jacques Smalle van die DA sê die staatsbeheerde streekbusmaatskappy het tot die einde van hierdie maand om ‘n plan […]
# Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens het vyf nuwe onafhanklike deskundiges aangestel om sy bestuur te versterk. Die nuwe lede bied ervaring in finansies, risikobestuur, tegnologie en openbare sektorleierskap. Poppy Tshabalala en Patrick Ganesan het by die Inligtingstegnologie-bestuurskomitee aangesluit, terwyl Suren Maharaj, Fulufhelo Tshikhudo en Ayanda Vabaza-Mvandaba in die Oudit- en Risikokomitee aangestel is. Die aanstellings sal […]