Skip to content

Die Verenigde Arabiese Emirate het Netanyahu blykbaar gewaarsku oor die 7 Oktober Hamas-aanval

# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, is blykbaar enkele dae voor die aanval op 7 Oktober 2023 deur president Mohammed bin Zayed van die Verenigde Arabiese Emirate gewaarsku dat Hamas ʼn groot aanval op Israel beplan. Dit was die dodelikste aanval in Israel se geskiedenis, waarin meer as een-duisend-200 mense vermoor en meer as 250 na Gaza ontvoer is. Volgens ʼn boek deur Haaretz-joernaliste, het Netanyahu tydens ʼn telefoongesprek aan Bin Zayed gesê Israel is voorbereid op enige situasie. Netanyahu se kantoor sê die verslag is ʼn “volslae leuen”.