# Die DA-leier Geordin Hill-Lewis vra Tshwane-inwoners om die party ʼn volstrekte meerderheid te gee in die munisipale verkiesing in November. Hy sê koalisieregerings het versuim om bestendige en doeltreffende regering te bied. Spanning het uitgebreek tussen die metro se koalisievennote, met die ANC en EFF wat ActionSA en burgemeester Nasiphi Moya beskuldig dat sy […]
# Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, tot 1 November tyd gegee om ʼn reddingsplan voor te lê vir die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. ʼn Ondersoek deur die Openbare Beskermer het onthul sowat 40-duisend studente by 76 hoëronderwys-instellings is onbehoorlik befonds teen ʼn koste van 5,1-miljard-rand. Dit […]
# Rugby: Die Springbok-hulpafrigter, Felix Jones, sê die Bokke en All Blacks sal Saterdag ewe goed voorbereid wees vir die eerste toets op Ellispark in Johannesburg. Nieu-Seeland het tot dusver al drie sy wedstryde teen die Stormers, die Haaie en die Bulle gewen. Suid-Afrika het intussen oefenlopies gehad teen die Barbarians, Engeland, Skotland, Wallis en […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement het ‘n manlike onderwyser van Minerva Secondary School in Alexandra geskors na verskeie leerders se bewerings van seksuele wangedrag en teistering. Die bewerings hou verband met onbehoorlike kommunikasie tussen die leerkrag en leerders, wat na bewering in Junie begin het en deur WhatsApp en ander interaksies voortgeduur het. Die departement se […]
# Die dodetal in Zimbabwe se Karibameer-veerbootramp het tot 93 gestyg, terwyl duikers voortgaan met soek- en herwinningspogings. Die veerboot wat verlede week omgeslaan het, het plek vir 90 passasiers gehad, maar in werklikheid was daar minstens 168 mense aan boord. Sewe-en-sewentig mense is gered in die land se dodelikste vervoerramp ooit. Zimbabwe se minister […]
# Die GOOD-party sê die DA-parlementslid Mark Burke is nie geskik om in die Parlement se finansiële toesigkomitees te dien terwyl sy maatskappy aan ‘n regulatoriese ondersoek onderworpe is nie. Dit volg na bewerings dat Burke se maatskappy, Kastelo, gekoppel is aan die verskuiwing van miljarde-rande na die buiteland. Die sekretaris-generaal van Good, Brett Herron, […]
# Daar word verwag dat die Nasionale Vervolgingsgesag die strafsaak teen Misdaadintelligensie-baas Dumisani Khumalo, en ook die hoof van die polisie se Misdaadintelligensie Tegniese Ondersteuningsdienste, Dineo Mokwele en hul medebeskuldigdes gaan terug te trek. Die NVG het voorheen gesê die aanklagte sal voorlopig teruggetrek word terwyl die saak hersien en enige verdere bewyse oorweeg word. […]
# DieActivists and the Citizens Forum sê Suid-Afrika se intelligensiedienste het moontlik misluk om beweerde misdaadpraktyke binne die regstelsel op te spoor. Dit volg na skokkende onthullings by die Madlanga-kommissie, waar selfoonboodskappe as bewys van ‘n beweerde misdaadgroep bekend as die “Groot Vyf” aangebied is. Dennis Bloem van die Forum sê die Staatsveiligheidsagentskap is verswak […]
# Die vakbond Solidariteit het die sekuriteitsmaatskappy G4S en die Departement van Korrektiewe Dienste versoek om dringend met meer as 50 werknemers by die Mangaung Korrektiewe Sentrum in die Vrystaat te vergader wat sedert verlede maand nie hulle gewone salarisse ontvang het nie. Werkers is vasgevang in ‘n voortgesette regsgeskil oor die oorname van die […]