# Oekraïne se voormalige minister van Verdediging, Mykhailo Fedorov, vra dat ʼn oorlogstyd-presidentsverkiesing gehou word en sê ʼn demokrasie kan nie deur Rusland gyselaar gehou word nie. Die 35-jarige Fedorov se afdanking verlede maand het opslae gemaak. Hy het volgens berigte weer lewe geblaas in die ministerie, ʼn veldtog teen korrupsie gelei en data gebruik […]
# Sokker: Die uitvoerende hoof van die Engelse Premierliga, Richard Masters, het aangesluit by oproepe dat FIFA se president moet bedank. Gianni Infantino is ernstig gekritiseer oor sy mislukte plan om aandele in kompetisies aan privaat beleggers te verkoop. Verskeie federasies het hul steun vir hom onttrek voor Maart se presidentsverkiesing. Masters het aan Sky […]
# Die sosialemedia-reus, Meta, sê hy het meer as ʼn miljoen rekeninge van kinders jonger as 13 onaktief gemaak. Nege-en-twintig Amerikaanse state dagvaar Meta, en beweer hy versamel gereeld sonder toestemming van ouers, en in oortreding van federale en staatswette, inligting van kinders jonger as 13. Die verhoor het gister in ʼn federale hof in Kalifornië […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 19 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, beveel om teen 1 November ‘n plan in te dien vir regstellende stappe by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Die koerant skryf haar ondersoek het […]
# Die parlementêre Ampsklagkomitee gaan vandag verder beraadslaag oor die konsep-opdrag wat sy werk sal bepaal. Die komitee se voorsitter, Makashule Gana, sê die Parlement se Regsdienste-kantoor het die opdrag vereenvoudig en seker gemaak die taalgebruik in die dokument is eenvormig. Hy sê hulle sal enige insette van lede oorweeg voor die dokument afgehandel word. […]
# President Donald Trump van Amerika sê daar is tans geen onderhandelinge met Iran aan die gang of word beplan nie. Dit is ten spyte van sy bewering Maandag dat sy administrasie met Iran se Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps onderhandel het, maar die leërafdeling ontken dit. Trump het op Truth Social gesê die Amerikaanse vlootblokkade gaan […]