Skip to content

Duisende passasiers op Britse lughawens gestrand ná probleem met lugverkeerbeheer

# Duisende passasiers is steeds gestrand op Britse lughawens nadat die Britse Lugverkeerbeheerdiens ‘n tegniese fout ervaar het. Die probleem het gister gelei tot sowat een-duisend-300 kansellasies van vlugte na of vanaf lughawens in Brittanje. FlightRadar berig Heathrow, Gatwick, Manchester en Birmingham is die swaarste getref. Meer as 250 vlugte is reeds vandag gekanselleer. Die lugverkeerbeheerdiens sluit ‘n kuberaanval as die oorsaak uit. Selfs al word die probleem opgelos, sal die ontwrigting waarskynlik voortduur weens die agterstande.