# Die taktiese reaksie-eenheid van Johannesburg se Metropolisiedepartement het gister ʼn hoëprofiel-verdagte in Lenasia-Suid gearresteer. Die eenheid se beamptes het inligting ontvang oor ʼn verdagte wat verbind word met onlangse bendegeweld, in besonder die naweek se skietvoorval in Westbury waarin vier mense dood is. Die departement se woordvoerder, Xolani Fihla, sê die verdagte het ʼn […]
# Die Stad Kaapstad het in die huidige plaaslike regeringstermyn 418-duisend werksgeleenthede bygevoeg, meer as die gesamentlike totaal vir die volgende vier grootste metro’s, naamlik Johannesburg, eThekwini, Tshwane en Ekurhuleni. Dit is volgens inligting in Statistiek Suid-Afrika se Kwartaallikse Arbeidsmagopname van die eerste kwartaal in 2022 tot die tweede kwartaal in 2026. Burgemeester Geordin Hill-Lewis […]
# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, vra groter samewerking tussen City Power en gemeenskappe om die voortslepende elektrisiteitsprobleme in Alexandra aan te spreek. City Power het 40-duisend geregistreerde klante in Alexandra, maar slegs sowat een-duisend-600 koop elektrisiteit. Morero sê die metro kan nie ʼn oorkoepelende of eenvormige tarief vir Alexandra instel nie, want huishoudings het […]
# Die vakverbond Cosatu sê hy ondersteun die Wetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Nasionale Petroleummaatskappy omdat dit werk kan skep in die gas-, petroleum- en energie-sektore. Die wetsontwerp maak dit moontlik om ʼn maatskappy in staatsbesit te skep en gee uitvoering aan die Kabinet se besluit op 10 Junie 2020 om PetroSA, die Suid-Afrikaanse Gasontwikkelingsmaatskappy en […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka van Belarus het slegs 54 minute nodig gehad om Wang Xinyu van China te verslaan vir ‘n plek in die laaste 16 by die Cincinnati Ope . Die 2023-kampioen Coco Gauff het haar plek in die vierde ronde verseker ná ‘n oorwinning in twee stelle oor haar landgenoot Ann […]
# Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, verwelkom die Openbare Beskermer se bevindings oor sistemiese ondoeltreffendheid by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Volgens die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, se verdoemende verslag is 40-duisend kwalifiserende studente nie befonds nie, ten spyte van drie-miljard-rand wat tussen 2024 en 2027 vir die sogenaamde vermiste middelgroep bedoel […]
# Die voorspraakgroepe AfriForum en March and March het ooreengekom om regsake van gemeenskaplike belang gesamentlik aan te pak en mekaar te ondersteun oor kwessies rondom die oppergesag van die reg, die stryd teen misdaad en onwettige migrasie. Die leierskap van die twee groepe het gister vergader. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê hulle […]