# Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit sê die voltooide Savanna City-substasie sal beskikbare elektrisiteit vermeerder en verspreiding verbeter. Die bou van die projek van 49-miljoen-rand sluit in die ontwikkeling van belangrike elektriese infrastruktuur in ooreenstemming met Eskom se standaarde en spesifikasies. Burgemeester Peter Teixeira sê die projek het bygedra by tot die plaaslike ekonomie en minstens […]
# Rugby: Die All Blacks se verdedigingsafrigter, Tana Umaga, sê hulle kan nie bekostig om oorweldig te word deur die Springbokke se reuse-pak voorspelers en van hul agterlyn-bedreiging vergeet nie. Die eerste toets vind Saterdag op Ellispark plaas. Umaga is nou vir ses wedstryde in die rol en staan gemiddeld 23 punte per wedstryd af. […]
# Die GOOD-party in die Wes-Kaap verwelkom die inhegtenisneming van vier verdagtes wat verbind word met ʼn afpersing-bende wat meer as 50 Somaliese en Ethiopiese sake-eienaars in Kayamandi en die groter Stellenbosch-area teiken. Die vier bestaan uit drie familielede van Nyanga, ʼn pa en twee seuns waarvan een ʼn polisiekonstabel is, en ʼn Somaliese sakeman […]
# President Donald Trump van Amerika sê hy het die instelling van ʼn 50-persent tarief op ʼn wye reeks Kanadese produkte met drie dae uitgestel. Die tariewe op produkte soos suiwel, alkohol en meubels sou vandag van krag word. Trump sê op Truth Social Amerika en Kanada het ʼn ooreenkoms bereik, onderhewig aan die afhandeling […]
# Die DA in Tshwane verwelkom die ondersoek na ʼn vermeende sindikaat wat met meters peuter. Twee inwoners het aan News24 beskryf hoe ʼn vrou wat haarself “Petunia” noem, hulle genader het. Sy het na bewering 12-duisend-rand geëis om hul boetes van 73-duisend-rand vir peuter met elektrisiteitsmeters, te laat verdwyn. Jacqui Uys van die DA […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys en Opleiding sê die Openbare Beskermer se verdoemende verslag oor die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente is nie ʼn verrassing nie, gegewe die voortslepende bestuurs-, administratiewe en stelselprobleme. Volgens die verslag is sowat 40-duisend studente by 76 hoëronderwys-instellings onbehoorlik befonds teen ʼn koste van 5,1-miljard-rand. Die komiteevoorsitter, Tebogo […]