Skip to content

Oliepryse styg tot bo 100-dollar terwyl Midde-Oosterse konflik uitkring

# Brent-ruolie-pryse het vandag tot bo 100-dollar per vat gestyg, ‘n hoogtepunt van meer as ses weke, en die simboliese vlak die eerste keer sedert 24 Julie oorgesteek terwyl die verergerende konflik in die Midde-Ooste kommer laat toeneem oor olie-vloei in die streek. Brent-pryse het sedert vroeg verlede maand met 25-persent gestyg terwyl die hoop vervaag vir ‘n permanente oplossing vir die konflik tussen Amerika en Iran wat reeds ses maande voortwoed. Brent het sedert die begin van die oorlog sy hoogste vlak van 126-dollar-41-sent per vat bereik op 30 April.