# Iran se Revolusionêre Wag sê hy het ballistiese missiele op ‘n basis in Jordanië afgevuur wat deur die Amerikaanse Weermag gebruik word, en tien skepe aangeval nadat Amerika aangekondig het vyf Iranse olietenkskepe is vernietig. Dit dui op ‘n verergering van die oorlog van ses maande. Toenemende wedersydse aanvalle het ‘n maand van betreklike […]
# Die seun van Richemont se voorsitter, Johann Rupert, is aangestel as die maatskappy se nie-uitvoerende mede-adjunkvoorsitter. Suid-Afrika se rykste persoon, met ‘n geraamde netto-waarde van meer as 262-miljard-rand, het die Switsers-gebaseerde luukse goedere-houermaatskappy in 1988 gestig. Dit besit handelsmerke soos Cartier en Van Cleef & Arpels. Die 39-jarige Anton Rupert sal dien saam met […]
# Krieket: Die Proteas se kaptein, Temba Bavuma, sê die eendagreeks teen Australië is ‘n wonderlike geleentheid vir die span om hul ritme te vind. Die snelbouler Gerald Coetzee keer terug na sy laaste eendagwedstryd vir Suid-Afrika in 2023 se Wêreldbekertoernooi. Aiden Markram, Lungi Ngidi, David Miller en Quinton de Kock het ruskans gekry tydens […]
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement belê 44-miljoen-rand in sy Matriekskoolvakansieprogram voor die eindeksamen. Die fondse word verdeel oor herfs-, winter- en lenteskole. Die DA-lid, Peter Johnson, verwelkom die stap en sê ‘n verdere 25-miljoen-rand per jaar gaan aan wiskunde- en wetenskaps-ondersteuning:
# Die brandreaksie-onderneming Fire Ops SA waarsku oor ‘n skerp toename in struktuurbrande wat verbind word met sonkraginstallasies. Die uitvoerende hoof en adjunkbrandweerhoof, De Wet Engelbrecht, sê data van Fire Force toon een uit elke vier van hierdie brande word verbind met foutiewe sonkragstelsels. Hy sê batterye, kragomsetters en verwante toerusting is verantwoordelik vir bykans […]
# Brent-ruolie-pryse het vandag tot bo 100-dollar per vat gestyg, ‘n hoogtepunt van meer as ses weke, en die simboliese vlak die eerste keer sedert 24 Julie oorgesteek terwyl die verergerende konflik in die Midde-Ooste kommer laat toeneem oor olie-vloei in die streek. Brent-pryse het sedert vroeg verlede maand met 25-persent gestyg terwyl die hoop […]
# Dokters sonder Grense waarsku besnoeiings aan befondsing lei tot die grootskaalse sluiting van klinieke in Soedan, wat beteken pasiënte het nog minder toegang tot gesondheidsorg. Die internasionale mediese humanitêre organisasie vra regerings en skenkers om befondsing vir noodsaaklike gesondheidsdienste te beskerm terwyl sowat 33,7-miljoen mense humanitêre hulp benodig. Die direkteur van Verenigings in Suider-Afrika, […]