# ‘n Senior navorser by die kunsmatige intelligensiemaatskappy Anthropic sê daar is ‘n kans van minstens 10-persent dat gevorderde kunsmatige intelligensie alle mense binne die volgende dekade kan uitwis. Evan Hubinger, wat Anthropic se belyningsnavorsing lei, het tot die gevolgtrekking gekom nadat ‘n ander maatskappynavorser bedank het weens kommer dat KI-firmas te vinnig na selfverbeterende […]
# Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens om ‘n volledige demografiese uiteensetting van sy jongste werwingsinname vry te stel. McKenzie wil syfers per ras, provinsie en geslag hê, asook die keuringskriteria. Sy kommentaar volg na Sondag se Nasionale Herdenkingsdag by die Uniegebou, waar 12 beamptes wat […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê sy jongste werwingsproses weerspieël die rassesamestelling van die aansoekers, nie die uitsluiting van enige groep nie. Die SAPD het bykans 1,05-miljoen aansoeke ontvang, met die meerderheid Afrika-aansoekers. Die diens sê kandidate moes rybewys-, psigometriese, fiksheids-, mediese en integriteitstoetse aflê. Die woordvoerder, Athlenda Mathe, het wit, Indiër- en bruin-gemeenskappe aangemoedig om […]
# Noorweë het koning Harald die Vyfde ter ruste gelê ná 13 dae van nasionale rou, terwyl groot skares in die strate van Oslo byeengekom het. ‘n Begrafnisstoet het vanaf die koninklike paleis na die Oslo-katedraal beweeg, waar koninklike families en wêreldleiers, waaronder prins William en prinses Anne van Brittanje, die diens bygewoon het. Harald, […]
# Die DA in Gauteng dring aan op ‘n openingsdatum vir die Vroue Lewende Erfenismonument in Pretoria. Die party se woordvoerder, Leanne de Jager, verwelkom die uitreiking van die gedenkteken se gebruiksertifikaat, maar sê die kompleks van 200-miljoen-rand moet nou vir die publiek oopgestel word. Dit bly gesluit sedert 2018 weens bouwerk- en nakomingsprobleme. De […]
# Solidariteit is bekommerd oor toenemende afleggings in die mynbousektor. Sibanye-Stillwater het aangekondig die herstrukturering van sy Kwezi-skag in Rustenburg, Noordwes, kan een-duisend-114 werknemers en kontrakteurs raak. Woordvoerder Willie Venter sê een-duisend-214 poste op De Beers se Venetia-myn en sowat een-duisend-800 op Petra Diamonds se Finsch- en Cullinan-myne is ook onder druk. Hy sê dit […]
# Die Parlement se Artikel 89-ampsklagkomitee ondervind hernude regs-uitdagings nadat hy sy aanbeveling van advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier teruggetrek het. Die African Legal Practitioners’ Association en die EFF het afsonderlike Hooggeregshof-aansoeke ingedien en betoog die besluit is irrasioneel al het Madonsela vanoggend die terugtrekking in die Wes-Kaapse Hooggeregshof aanvaar. Die komitee het sy naam […]