# Die voormalige minister van Verdediging Nosiviwe Mapisa-Nqakula se korrupsieverhoor is uitgestel. Die Hooggeregshof in Pretoria het die verrigtinge uitgestel nadat haar prokureur kommer oor haar gesondheid uitgespreek het. Mapisa-Nqakula staan tereg op aanklagte van korrupsie en geldwassery oor bewerings dat sy miljoene rande in omkoopgeld ontvang het terwyl sy as minister van Verdediging gedien […]
# Die staat het die Landdroshof in Brakpan meegedeel ‘n voormalige lid van die polisie se Spesiale Taakmag, Matipandile Sotheni, was in besit van ‘n selfoon terwyl hy in aanhouding was. Die aanklaer, Trott Mphahlele, sê die selfoon is ontdek toe die tronk op 2 September deursoek is en is na bewering gebruik om met […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, het EOT Solutions se nuwe gevorderde vervaardigingsaanleg van 30-miljoen-rand by Freeport Saldanha in die Wes-Kaap geopen. Die fasiliteit ondersteun ongeveer 15 direkte werksgeleenthede en stel wêreldklas-metaalverwerkingstegnologie bekend, insluitend een van Suid-Afrika se grootste vesellaserstraalsnymasjiene. Meyer sê die belegging ondersteun die provinsie se Groei […]
# Die sakeman Stuart Scharnick is borgtog van vyf-duisend-rand deur die Randburg-Landdroshof toegestaan op vuurwapenverwante aanklagte. Dit sluit in onbehoorlike vuurwapenberging en die toestaan van ongemagtigde toegang tot ‘n wapen. Die hof het beslis die staat het nie voldoende feite verskaf om sy voortgesette aanhouding te regverdig nie. Scharnick moet sy paspoort inhandig, adresveranderings aanmeld […]
# Die Messteekslagoffer Tshepang Nyathi is in Refilwe, oos van Pretoria, ter ruste gelê na sy moord tydens lentedagvieringe. Polisie sê Nyathi is na bewering met ‘n mes doodgesteek na ‘n woordewisseling waar daar water gespat is. ‘n Drie-en-vyftigjarige man is in hegtenis geneem en van moord aangekla nadat gemeenskapslede hom aangehou en aan die […]
# ActionSA sê inwoners van Ekurhuleni moet weet die ANC het nie belang gestel om self dienste te lewer nie en in 2022 teen ‘n voorstel gestem om sekere uitgekontrakteerde dienste weer onder munisipale beheer te sit. Tumelo Tshabalala van ActionSA sê die burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, het in Maart aangekondig 593 skoonmaak- en veiligheidsposte word […]
# Die voormalige minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het aan die Hooggeregshof in Pretoria gesê die opknappingswerk aan haar huis in Bruma het in 2004 begin, jare voor die staat se beweerde omkoopgeldperiode. Sy sê opgraderings het tot 2018 voortgeduur. Die staat beweer ongeveer 1,8-miljoen-rand se beweerde omkoopgeldis in kontant aan ‘n binnehuisversierder betaal vir […]