# Tennis: Ben Shelton of Frances Tiafoe kry Sondag die kans om die eerste plaaslike mans-kampioen in die Amerikaanse Ope in 23-jaar te word. Die agste-gekeurde Shelton en die elfde-gekeurde Tiafoe pak mekaar môre. Shelton het die tweede-gekeurde Spanjaard en verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, in die kwarteindronde in ‘n vyfstel-riller verslaan wat eers half-vier die […]
# Die Internasionale Organisasie vir Standaardisering het die omgewingsvoordele vir die verlenging van die lewensduur van mynbuitebande in plaas van voortydiging vervanging getoets. Verlede jaar het 70 mynmaatskappye in ses streke 32-duisend-700 ton koolstofdioksiedvrystellings voorkom deur die vervanging van buitebande te vermy. Volgens die mynbandgroep Kal Tire kan herstel-, herloop- en loopvlakprogramme afval, koste en […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê hy het vordering gemaak om mense gedurende die 2025/2026 finansiële jaar op MIV- en tuberkulosebehandeling te hou. Meer as een-miljoen MIV-pasiënte het met behandeling volgehou, terwyl meer as 27-duisend TB-pasiënte behandeling ontvang het. Die woordvoerder van die Departement, Steve Mabona sê verbeterde opsporing van pasiënte wat afsprake en […]
# Die Suid-Afrikaanse Brouery-stigting het aansoeke geopen vir sy 18-maande lange Tholoana-ondernemingsprogram, wat gevestigde ondernemings ondersteun deur mentorskap en sake-ontwikkeling. Die program teiken Suid-Afrikaanse ondernemings met minstens 51-persent swart eienaarskap, minstens twee jaar reeds bestaan en betalende kliënte het. Voorkeur sal gegee word aan ondernemings wat deur vroue, jeugdiges en gestremdes besit word, asook dié […]
# Die Stad Ekurhuleni het inwoners gewaarsku om versigtig te wees vir ‘n sosiale media-bedrogspul wat aanbied om HOP-behuisingsaansoeke te bespoedig. Die Stad sê bedrieërs vra vir stammagtigingsbriewe, persoonlike inligting en, in sommige gevalle, geld om huise te bekom. Zweli Dlamini van die stad sê wettige regeringsbehuisingsdienste vereis nie betalings aan middelmanne nie. Dlamini het […]
# Die voormalige minister van Verdediging Nosiviwe Mapisa-Nqakula se korrupsieverhoor is uitgestel. Die Hooggeregshof in Pretoria het die verrigtinge uitgestel nadat haar prokureur kommer oor haar gesondheid uitgespreek het. Mapisa-Nqakula staan tereg op aanklagte van korrupsie en geldwassery oor bewerings dat sy miljoene rande in omkoopgeld ontvang het terwyl sy as minister van Verdediging gedien […]
# Die staat het die Landdroshof in Brakpan meegedeel ‘n voormalige lid van die polisie se Spesiale Taakmag, Matipandile Sotheni, was in besit van ‘n selfoon terwyl hy in aanhouding was. Die aanklaer, Trott Mphahlele, sê die selfoon is ontdek toe die tronk op 2 September deursoek is en is na bewering gebruik om met […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, het EOT Solutions se nuwe gevorderde vervaardigingsaanleg van 30-miljoen-rand by Freeport Saldanha in die Wes-Kaap geopen. Die fasiliteit ondersteun ongeveer 15 direkte werksgeleenthede en stel wêreldklas-metaalverwerkingstegnologie bekend, insluitend een van Suid-Afrika se grootste vesellaserstraalsnymasjiene. Meyer sê die belegging ondersteun die provinsie se Groei […]
# Die sakeman Stuart Scharnick is borgtog van vyf-duisend-rand deur die Randburg-Landdroshof toegestaan op vuurwapenverwante aanklagte. Dit sluit in onbehoorlike vuurwapenberging en die toestaan van ongemagtigde toegang tot ‘n wapen. Die hof het beslis die staat het nie voldoende feite verskaf om sy voortgesette aanhouding te regverdig nie. Scharnick moet sy paspoort inhandig, adresveranderings aanmeld […]