# City Power het op sowat 180-kilogram kabels en drie elektrisiteitspale ter waarde van ongeveer 200-duisend-rand beslag gelê tydens ‘n operasie teen onwettige verbindings in Alexandra. Die operasie, wat saam met die polisie en die Johannesburgse Metropolisie uitgevoer is, het gefokus op gevaarlike verbindings langs Londonweg en die Greenville-informele nedersetting. Die woordvoerder van City Power, […]
# Die DA sê die Gautengse Gesondheid Department het ‘n leierskap- en personeelkrisis wat pasiëntesorg benadeel. Die party voer aan verskeie senior poste word in ‘n waarnemende hoedanigheid gevul, terwyl die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal meer as 200 befondsde vakante poste het. Madeleine Hicklin van die DA sê personeeltekorte veroorsaak langer wagtye en vertragings […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê ParliMeter, ‘n platform wat ontwerp is om openbare toesig oor die Parlement te versterk, sal deur die Parlementêre Moniteringsgroep, oorgeneem word. Die publiek kan ParliMeter gebruik om Parlementslede se bywoning, wetsontwerpe, komiteevergaderings en vrae aan ministers na te spoor. Rachel Fischer van OUTA sê die platform se volgende fase […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging is diep bekommerd oor ‘n bestuurskrisis by die Motorbedryf-Fondsadministrateurs, nadat die uitvoerende hoof Lihle Khoza geskors is. Dit volg na bewerings oor direksiefooie, ‘n interne ondersoek en ‘n poging om ‘n inspeksie deur die Finansiële Sektor Gedragsowerheid te verhoed. Phakamile Hlubi-Majola van die vakbond sê lede is ongelukkig dat die Motorbedryf Aftreefonds […]
# Argeoloë in Peru het ‘n graf van nagenoeg 600 jaar oud ontdek met die oorskot van minstens 38 mense. Die graf is naby Chan Chan, die antieke hoofstad van die pre-Inka Chimú-beskawing aan Peru se noordkus. Navorsers het ook artifakte ontdek, insluitend metaalwapens. Die graf is merkwaardig goed bewaar en lyk onaangeraak. Kenners sê […]
# Krieket: Die Protea-vroue gaan van môre die heel eerste keer ‘n T20-reeks teen Zimbabwe speel. Al vyf wedstryde word op die Queen’s-sportklub in Bulawayo beslis. Suid-Afrika se kaptein, Laura Wolvaardt, is opgewonde oor die vooruitsig om ‘n ander Afrika-land op senior internasionale vlak te pak. Sy, Annerie Dercksen, Karabo Meso en Kayla Reyneke is […]
# Tennis: Ben Shelton of Frances Tiafoe kry Sondag die kans om die eerste plaaslike mans-kampioen in die Amerikaanse Ope in 23-jaar te word. Die agste-gekeurde Shelton en die elfde-gekeurde Tiafoe pak mekaar môre. Shelton het die tweede-gekeurde Spanjaard en verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, in die kwarteindronde in ‘n vyfstel-riller verslaan wat eers half-vier die […]
# Die Internasionale Organisasie vir Standaardisering het die omgewingsvoordele vir die verlenging van die lewensduur van mynbuitebande in plaas van voortydiging vervanging getoets. Verlede jaar het 70 mynmaatskappye in ses streke 32-duisend-700 ton koolstofdioksiedvrystellings voorkom deur die vervanging van buitebande te vermy. Volgens die mynbandgroep Kal Tire kan herstel-, herloop- en loopvlakprogramme afval, koste en […]
# Die Stad Ekurhuleni het inwoners gewaarsku om versigtig te wees vir ‘n sosiale media-bedrogspul wat aanbied om HOP-behuisingsaansoeke te bespoedig. Die Stad sê bedrieërs vra vir stammagtigingsbriewe, persoonlike inligting en, in sommige gevalle, geld om huise te bekom. Zweli Dlamini van die stad sê wettige regeringsbehuisingsdienste vereis nie betalings aan middelmanne nie. Dlamini het […]