Skip to content

Krieket: Protea-vroue speel eerste keer ‘n T20-reeks teen Zimbabwe

# Krieket: Die Protea-vroue gaan van môre die heel eerste keer ‘n T20-reeks teen Zimbabwe speel. Al vyf wedstryde word op die Queen’s-sportklub in Bulawayo beslis. Suid-Afrika se kaptein, Laura Wolvaardt, is opgewonde oor die vooruitsig om ‘n ander Afrika-land op senior internasionale vlak te pak. Sy, Annerie Dercksen, Karabo Meso en Kayla Reyneke is die enigste gereelde spelers in die groep, terwyl die nuwelinge Caitlin Wyngaard, Luyanda Nzuza, Nthabiseng Nini en Jae-Leigh Filander hulle buiging vir Suid-Afrika kan maak.