# Die DA het dokumente by die Verkiesingshof ingedien vir toestemming om in te gryp by die ANC se poging om 181 kandidate in ses munisipaliteite te stel vir die munisipale verkiesing in November. Die ANC sê hy kon weens probleme met die Verkiesingskommissie se stelsel nie die spertyd van vyf namiddag op 28 Augustus […]
# Krieket: Die top-orde-kolwer, Jordan Hermann, het beïndruk in sy eerste wedstryd toe Suid-Afrika Namibië met 99 lopies verslaan het volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode in die eerste eendagwedstryd in Windhoek. Hermann het 150 lopies van 126 balle aangeteken, wat die rekord vir die hoogste telling in ‘n eerste eendag-internasionale wedstryd ewenaar. Hy het ‘n tweede-paaltjie-vennootskap van […]
# Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê bewerings van stemkopery by partykonferensies is onaanvaarbaar. Verlede maand het senior ANC-lid en nasionale uitvoerende komiteelid Nkosazana Dlamini Zuma die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, en Ramaphosa beskuldig dat hulle afgevaardigdes gekoop het om te verseker dat hulle die 2022-verkiesingskonferensie wen. Ramaphosa het gister tydens ‘n stemwerwingsveldtog in Tembisa […]
# Die Duitse bondskanselier Friedrich Merz het die verregse Alternatief vir Duitsland-party beskuldig dat sy teen-migrasiebeleid gelykstaande is aan “etniese suiwering”. Hy het in die Parlement gepraat na sy party, die Christen-Demokratiese Unie, se verpletterende nederlaag in die oostelike staat Sakse-Anhalt, waar AfD byna 44-persent van die stemme gewen het. Merz sê die AfD het […]
# Tennis: Ben Shelton of Frances Tiafoe kry Sondag die kans om die eerste plaaslike mans-kampioen in die Amerikaanse Ope in 23-jaar te word. Die agste-gekeurde Shelton en die elfde-gekeurde Tiafoe pak mekaar môre. Shelton het die tweede-gekeurde Spanjaard en verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, in die kwarteindronde in ‘n vyfstel-riller verslaan wat eers half-vier die […]
# Die Internasionale Organisasie vir Standaardisering het die omgewingsvoordele vir die verlenging van die lewensduur van mynbuitebande in plaas van voortydiging vervanging getoets. Verlede jaar het 70 mynmaatskappye in ses streke 32-duisend-700 ton koolstofdioksiedvrystellings voorkom deur die vervanging van buitebande te vermy. Volgens die mynbandgroep Kal Tire kan herstel-, herloop- en loopvlakprogramme afval, koste en […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê hy het vordering gemaak om mense gedurende die 2025/2026 finansiële jaar op MIV- en tuberkulosebehandeling te hou. Meer as een-miljoen MIV-pasiënte het met behandeling volgehou, terwyl meer as 27-duisend TB-pasiënte behandeling ontvang het. Die woordvoerder van die Departement, Steve Mabona sê verbeterde opsporing van pasiënte wat afsprake en […]
# Die Suid-Afrikaanse Brouery-stigting het aansoeke geopen vir sy 18-maande lange Tholoana-ondernemingsprogram, wat gevestigde ondernemings ondersteun deur mentorskap en sake-ontwikkeling. Die program teiken Suid-Afrikaanse ondernemings met minstens 51-persent swart eienaarskap, minstens twee jaar reeds bestaan en betalende kliënte het. Voorkeur sal gegee word aan ondernemings wat deur vroue, jeugdiges en gestremdes besit word, asook dié […]
# Die Wes-Kaapse regering het met noodreaksie begin om waterdienste in Beaufort-Wes te herstel nadat vloede belangrike waterinfrastruktuur beskadig het. Die provinsiale regering het een-miljoen-rand beskikbaar gestel vir dringende herstelwerk, terwyl watertenkwaens inwoners voorsien en tegniese spanne die beskadigde 600-millimeter pyplyn herstel. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê kwesbare gemeenskappe […]