# Die Wes-Kaapse regering sê 82 persent van die provinsie veekudde is teen bek-en-klouseer ingeënt. Byna 480-duisend entstofdosisse is aan kommersiële en bestaansveeboere in alle distrikte toegedien. Dit is gedoen om boere, werkgeleenthede, voedselsekerheid en die provinsie se landbou-ekonomie te beskerm. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê 28 uitbrekings is […]
# Volgens ‘n studie deur die Universiteit van Kaapstad is beduidende uitstortingvermindering sonder ‘n skielike onderbrekings by Sasol se Secunda-steenkool-tot-vloeistofkompleks in Mpumalanga moontlik. Die studie toon dat hernubare energie en verbeterde doeltreffendheid uitstorting teen 2030 met ongeveer 26-persent kan verminder, terwyl dieper verminderings deur groen waterstof, elektrifisering en koolstofopvang veroorsaak kan word. Die universiteit sê […]
# Die twee sake teen die geskorste beampte van die Georganiseerde Misdaadeenheid, sersant Fannie Nkosi, is in die Pretoria Streekshof gekonsolideer en uitgestel tot 15 September vir die bekendmaking van die dossiere. Nkosi staan tereg op aanklagte van bedrog, diefstal en regsverydeling. Die Nasionale Vervolgingsgesag het ‘n sentraliseringsertifikaat verkry om die sake saam te voeg. […]
# Die DA in Limpopo sê munisipaliteite mors miljoene op finansiële konsultante terwyl hulle steeds sukkel met swak finansiële verslagdoening. Volgens die party het al 27 munisipaliteite gesamentlik 236-miljoen-rand aan konsultante in die 2024/2025-boekjaar bestee, maar 20 munisipaliteite het steeds finansiële state met groot foute ingedien. Jacques Smalle van die DA sê swak finansiële beheermaatreëls […]
# Sokker: ‘n Lid van Frankryk se Wêreldbeker-kampioenspan van 2018, Paul Pogba, is sonder ‘n klub nadat Monaco hom weens aanhoudende beserings van sy kontrak vrygestel het. Hy is tans langs die kantlyn met ‘n dybesering nadat hy onlangs van ‘n kniebesering herstel het. Die Franse klub sê die doelwitte wat hulle vir die 33-jarige […]
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het ’n finale uitstel tot 18 September toegestaan aan Victor Majola, die vermeende meesterbrein agter die huurmoord opWarrick “DJ Warras” Stock. Majola se prokureur, Piet Du Plessis, het aan die hof gesê sy firma is nie ten volle befonds om Majola te verteenwoordig nie. Hy het gesê Regshulp Suid-Afrika sal […]
# Die DA sê die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se skuld plaas plaaslike ondernemings onder finansiële druk, met sommige wat ernstige probleme ondervind omdat hulle nie betyds vir gelewerde dienste betaal word nie. Volgens die party skuld die munisipaliteit meer as elf-miljard-rand aan krediteure, insluitend miljarde wat aan Eskom en Rand Water verskuldig is. Kingsol Chabalala […]
# Die Stad Kaapstad sê watervoorraad bly bestendig, maar die risiko van waterbeperkings het toegeneem weens stygende aanvraag en onsekere reënval. Damvlakke was vroeg in Julie ongeveer 76-persent na goeie reën, maar voorspellings dui op ondergemiddelde reënval. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die stad belê in nuwe waterbronne, insluitend grondwater, die […]
# Goudprodusent DRDGold rapporteer ‘n sterk finansiële prestasie vir die 2026-boekjaar. Die bedryfswins het met 83-persent gestyg tot elf-miljard-rand, terwyl wesensverdienste met 89-persent tot vier-miljard-rand gestyg het. Goudproduksie het vier-duisend-839 kilogram bereik, hoër as die teiken. Die maatskappy sê meer as vyf-miljard-rand wat in sy visie 2028-groeiprogram belê is, begin opbrengs lewer, met nuwe infrastruktuur […]