# Rugby: Rugby’s Greatest Rivalry se trofee bestaan uit twee helftes, maar word magneties bymekaar gehou om die unieke band tussen die Springbokke en die All Blacks vas te vang. Die trofee se ontwerp herinner aan ʼn grashalm. Suid-Afrika se helfte het kunswerk op deur Bonolo Chepape, en Nieu-Seeland s’n is versier met Māori-kunselemente, ontwerp […]
# Die Israelse Weermag sê hulle sal die moord op die vyfjarige Hind Rajab en haar ses familielede in Gaza in 2024 strafregtelik ondersoek. Die Weermag het vir die eerste keer erken dat hulle op die voertuig waarin Rajab en haar gesin vervoer is, losgebrand het, nadat hulle voorheen betrokkenheid ontken het. Rajab het die […]
# Die EFF-leier Julius Malema het president Cyril Ramaphosa se beswaar teen die Ampsklagkomitee se getuienisleier verwerp en gesê hy probeer doelbewus om die komitee se demokratiese prosesse te vertraag. Ramaphosa het in ‘n brief die aanstelling van advokaat Thandazani Madonsela verwerp, en botsende belange as rede aangevoer. Die komitee het met 19 teen 5 […]
# Die parlementêre Ampsklagkomitee het besluit om ‘n brief deur president Cyril Ramaphosa, waarin hy beswaar maak teen die aanbevole getuienisleier, vir ‘n regsmening te verwys. Die president sê hy het Madonsela as sy aanstelling by die Regterlike Dienskommissie verwyder na onderhoude vir ‘n hoofregter in 2022. Hy sê Madonsela is in konflik, aangesien hy […]
# Tennis: Die omstrede Australiese speler Nick Kyrgios het om verskoning gevra na sy voorlopige skorsing vir ‘n positiewe kokaïen-toets. Die 31-jarige, bekend vir sy gereelde uitbarstings op die baan, was die afgelope paar jaar op die kantlyn weens beserings nadat hy in 2022 Wimbledon se eindstryd gehaal het. Hy het in Oktober 2016 sy […]
# ‘n Ekonoom van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê verlede maand se laer as verwagte inflasiekoers, is goeie nuus vir verbruikers en ondernemings. Parsons sê egter onderliggende prysdruk bly ‘n bron van kommer, met kerninflasie wat effens styg tot 4,2-persent. Hy sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal rentekoerse waarskynlik tydens sy vergadering volgende maand […]
# Die DA-parlementslid, Mark Burke, het homself onttrek aan die Parlement se Finansieskomitee terwyl die Suid-Afrikaanse Reserwebank ‘n maatskappy ondersoek waarvan hy ‘n begunstigde is. Burke staar ernstige ondersoeke in die gesig oor bewerings dat die fintech-maatskappy Kastelo sowat vier-miljard-rand oorsee geskuif en valutabeheerregulasies oortree het. George Michalakis van die DA sê die stap is […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging doen ‘n beroep op dringende optrede om dodelike klipgooiery op motoriste te verhoed. Dit volg na die dood van ‘n vrou wat deur ‘n groot klip getref is terwyl sy onder ‘n brug op die R24 in Bedfordview, Johannesburg, gery het. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging doen ‘n beroep op motoriste om […]
# AfriForum sê die bygewerkte elektrisiteitsprysbeleid sal min waarde hê tensy die energiereguleerder, Nersa, bestaande elektrisiteitswette en -reëls behoorlik afdwing. Morné Mostert van Afriforum sê swak regulering dwing verbruikers om hoër elektrisiteitsrekeninge te betaal, terwyl sommige munisipaliteite nie aan basiese vereistes voldoen nie. Mostert sê die reguleerder moet verseker dat elektrisiteitstariewe behoorlik op die koste […]