# Die polisie se nasionale adjunkkommissaris, Tebello Mosikili, sê die polisie verskerp hul stryd teen georganiseerde dwelmnetwerke deur toe te slaan op eiendomme wat gebruik word om onwettige bedrywighede te verberg. Twee buitelanders is gister gearresteer ná die ontdekking van ʼn mandrax-laboratorium in Erasmia, wes van Pretoria. Sowat 800-duisend mandrax-tablette is in die laboratorium vervaardig. Mosikili sê die polisie sal voortgaan om saam met die Valke en ander wetstoepassers te werk om misdaadnetwerke te identifiseer en te vernietig:
Polisie ontwrig netwerke wat dwelms vervaardig, vervoer en versprei [KLANK]
ENG MosikiliOnDrugNetworks