# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, het EOT Solutions se nuwe gevorderde vervaardigingsaanleg van 30-miljoen-rand by Freeport Saldanha in die Wes-Kaap geopen. Die fasiliteit ondersteun ongeveer 15 direkte werksgeleenthede en stel wêreldklas-metaalverwerkingstegnologie bekend, insluitend een van Suid-Afrika se grootste vesellaserstraalsnymasjiene. Meyer sê die belegging ondersteun die provinsie se Groei vir Werkgeleenthede-strategie en versterk beleggersvertroue in Saldanhabaai. Hy sê EOT beplan ‘n tweede fase wat beleggings tot 70-miljoen-rand kan verhoog en indiensneming tot ongeveer 30 werksgeleenthede kan verdubbel.
Meyer open gevorderde vervaardigingsaanleg in Saldanhabaai