Skip to content

Mapisa-Nqakula betwis verband tussen huisverbouings en beweerde omkoopgeld

# Die voormalige minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het aan die Hooggeregshof in Pretoria gesê die opknappingswerk aan haar huis in Bruma het in 2004 begin, jare voor die staat se beweerde omkoopgeldperiode. Sy sê opgraderings het tot 2018 voortgeduur. Die staat beweer ongeveer 1,8-miljoen-rand se beweerde omkoopgeldis in kontant aan ‘n binnehuisversierder betaal vir meubels en opknappings. Mapisa-Nqakula ontken die verband en sê sy kan nie al die opknappingsdatums onthou nie.